Transnet, hawens kry die nodige aandag

Die minister van Vervoer Barbara Creecy sê daar word gewerk aan die verbetering van Suid-Afrika se hawe-doeltreffendheid en om Transnet se inkomste te verhoog. Sy het op ‘n nuuskonferensie van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gesê ‘n oorlogskamer vergader daagliks om operasionele uitdagings te hanteer. Creecy beklemtoon die belangrikheid om Transnet se kapasiteit uit […]

Read More

Damian is uit toer na Skotland, Engeland en Wallis

Die liesbesering wat Damian Willemse opgedoen het in die Stormers se VRK-kragmeting teen Glasgow Warriors hou hom uit die Springboktoer van Skotland, Engeland en Wallis. SA Rugby sê die Bok-afrigter Rassie Erasmus het nou die Bulle se nommer agt, Cameron Hanekom, opgeroep. Erasmus moes verander aan die groep van 34 vir die toer na Europa […]

Read More

109 bieërs slaan toe op koshuis kostender

Drie jaar na die mislukte koshuis kostender het die Sentrale Verkrygingsraad se jongste poging 109 bieërs uitgelok. Die Tender Bulletin berig net 22 van die maatskappye is in lyn met voedselvoorsiening en die res is tenderpreneurs en maatskappye met verskillende sake profiele. August 26 het ook ‘n bod ingesit. Maatskappye moes ‘n daaglikse tarief vir […]

Read More

Brent behoort te daal na ‘beheersde’ aanval op Iran

Oliepryse sal na verwagting daal wanneer handel Maandag hervat, aangesien Israel se vergeldingsaanval op Iran die naweek nie Teheran se olie- en kerninfrastruktuur geteiken het nie. Brent het verlede week 4 persent gestyg. Drie vlae aanvalle is vroeg Saterdagoggend deur Israel geloods. Ontleders sê die mark kan ‘n groot sug van verligting slaak; die bekende […]

Read More

Britte moet hulle verbind tot rol in slawehandel

Statebondleiers, wat ‘n week lange spitsberaad in Samoa afgesluit het, sê die tyd het gekom vir ‘n bespreking oor of Brittanje hom moet verbind tot vergoeding vir sy rol in die transatlantiese slawehandel. Slawerny en die bedreiging van klimaatsveranderring was die belangrikste temas vir verteenwoordigers van die 56 lande in die groep, waarvan die meeste […]

Read More

So lyk die jongste oor La Niña

Die jongste weervoorspellings vir Namibië dui daarop dat die La Niña-verskynsel waarskynlik die komende reënseisoen sal beïnvloed. Hoewel La Niña die kanse op reënval verhoog, waarborg dit nie konsekwente en wydverspreide neerslae nie. Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg het ‘n opdatering oor La Niña en Namibië gegee in die jongste AMT-weervoorspelling.

Read More

Uitdagings in Groot Aub onder die loep

Die raadslid vir die Windhoek-landelike gebied, Piet Adams, het die ernstige uitdagings wat die gemeenskap van Groot Aub en omliggende gebiede suid van die hoofstad in die gesig staar, uitgelig. Hy het met die plaaslike uitsaaier gepraat en sê toegang tot grond is dringend nodig. Die gebied is reeds in 2017 by die hoofstad ingelyf. […]

Read More

ANC is verbind tot demokrasie

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee se subkomitee vir Vrede en Sekerheid sê hy is verbind tot die behoud van demokratiese beginsels. Die voorsitter Polly Boshielo het op ‘n nuuskonferensie die party se standpunt teen korrupsie beklemtoon deur indiwidue aanspreeklik te hou. Sy loof die Spesiale Ondersoekeenheid vir die herwinning van gesteelde staatsgeld en die […]

Read More

RSF voer dodelike aanval uit na oorloop van senior offisier

Soedan se paramilitêre Rapid Support Forces het minstens 124 mense in ‘n dorpie in El Gezira-staat doodgemaak in een van die dodelikste voorvalle van die 18 maande lange oorlog. Na die oorloop van hooggeplaaste RSF-offisier Abuagla Keikal verlede Sondag na die weermag, het die RSF wraakaanvalle uitgevoer in die staat waar hy vandaan kom. El […]

Read More

Uiters streng grensbeheer in Nederland ingestel

Die verregse Nederlandse regering het ‘n stel streng nuwe asielmaatreëls aangekondig, insluitend die instel van grens-deursoekings en die verklaring van streke in die oorloggeteisterde Sirië as “veilige gebiede”. Premier Dick Schoof het die kabinet se planne op ‘n nuuskonferensie uiteengesit na dae van samesprekings tussen die regerende vierparty-koalisie onder aanvoering van die vurige Geert Wilders […]

Read More