KI-skyfies onttroon Apple
Nvidia het Apple die naweek onttroon as die wêreld se waardevolste maatskappy, na ‘n rekordlopie in sy aandele, aangevuur deur die onversadigbare vraag na sy gespesialiseerde kunsmatige intelligensie-skyfies. Nvidia se waarde op die aandelebeurs was ‘n rukkie lank 3,53 triljoen Amerikaanse dollar, effens hoër as Apple se 3,52 triljoen dollar, volgens data van die Londense […]
Namcor wil groter aandeel in eksplorasieblokke hê
Namibië se nasionale olie maatskappy, Namcor, het planne om sy belang in die land se eksplorasieblokke te vergroot van die huidige 10 persent tot 80 persent in die volgende 15 jaar. Die waarnemende besturende direkteur Ebson Uanguta het die maatskappy se strategiese plan bekend gemaak en sê Namcor moet ‘n aktiewe operateur word en die […]
ANC staar krisis van geloofwaardigheid in die gesig
Die president van die ANC sê die party staar ‘n krisis van gesag, geloofwaardigheid en vertroue in die gesig. Hy het gisteraand die OR Tambo-gedenklesing in Ekurhuleni gelewer. Sondag was die 107de herdenking van die verjaardag van die gestorwe voormalige ANC-president, Oliver Tambo, die party se langsdiende president. Ramaphosa sê selfs terwyl die regering van […]
Kamala loop effe voor
Die Amerikaanse visepresident en Demokratiese presidentskandidaat, Kamala Harris het ‘n noue voorsprong van 51-persent onder nasionale waarskynlike kiesers teenoor oudpresident en Republikeinse kandidaat, Donald Trump se 47-persent. Dit is volgens die jongste ABC News/Ipsos-meningsopname. Dit dui daarop Harris se ondersteuners is meer geneig om op te daag, met die verdeling onder geregistreerde kiesers op 49-persent […]
Sainz wat Mexikaanse Grand Prix
Carlos Sainz van Ferrari het die Mexikaanse Grand Prix gewen om sy vierde loopbaan-oorwinning in Formule Een te behaal. Lando Norris van McLaren het Max Verstappen van Red Bull se kampioenskapsvoorsprong tot 47 punte laat krimp en tweede geëindig met Sainz se spanmaat, Charles Leclerc, derde. Verstappen, wat twee twee-sekonde strawwe opgelê is weens twee […]
Kenner sê oor boggelrugwalvis en stranding
Die boggelrugwalvis wat by die kus gestrand het, is vrek en is dieper in die see ingesleep. Die dier was maer en uitgeteer. Strandings was nie werklik ‘n tendens aan Namibië se kus nie en raak nou ‘n algemene verskynsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia gepraat oor die redes […]
Shiimi moenie leen om begrotingstekorte aan te vul nie – ekonoom
Die middeltermyn begroting word vanmiddag deur finansminister Ipumbu Shiimi gelewer. Dit is ‘n verkiesingsjaar maar, daar is uitdagings met begrotingstekorte, veral met droogte verligting. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matunda gesels wat sê hy hoop Shiimi wend hom nie aan skuld om die tekorte aan te vul nie.
Dwelms regoor die land gevind
Verskeie dwelmbeslagleggings is oor die naweek deur die polisie gemaak. Op Walvisbaai is twee Kubaanse vroue met 20 groot stukke crack-kokaïen, 7 kapsules MDMA en 6 gram skunk-dagga met ‘n totale waarde van 17 750 Namibiese dollar gevind. In Kalkrand is drie Namibiese mans en ‘n Namibiese vrou in hegtenis geneem nadat hulle tydens ‘n […]
Stembriewe voltooi, 4 Nampol-lede sal hulle vergesel
Alles is gereed met die stembriewe wat by Ren-Form in Johannesburg gedruk is. Volgens Imms Nashinge, sal vier lede van die Namibiese polisie die stembriewe vergesel na die lughawe waar dit na Windhoek vervoer sal word. Verteenwoordigers van 18 van die 21 politieke partye wat in November aan di verkiesings deelneem het verlede week die […]
Russiese rentekoers bereik 21 jaar hoogtepunt, op 21%
Rusland se sentrale bank het rentekoerse tot 21-persent verhoog, wat beteken lenings-koste het tot die hoogste vlak in meer as twee dekades gestyg nadat Moskou se Oekraïne-offensief vinnige prysstygings tuis veroorsaak het. Die verhoging het koerse na hul hoogste vlak sedert 2003 gedryf. Die Kremlin gaan volgende jaar weer militêre besteding verhoog, ten spyte van […]