Eise vir aanspreeklikheid met R123 miljard se onreëlmatige besteding
Die vakbond vir algemene nywerhede, Giwusa, is bekommerd oor die ouditeur-generaal se verslag wat onthul het dat nasionale departemente en staatsinstellings meer as 123 miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige en verkwistende uitgawes oor vyf jaar aangegaan het. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, benadruk dat die korrupsie noodsaaklike staatsdienste vir die werkersklas ondermyn. Sebei eis onmiddellike […]
Botswana stem Woensdag
Botswana hou Woensdag ‘n algemene verkiesing met president Mokgweetsi Masisi wat teen drie uitdagers sal meeding vir ‘n tweede termyn. Kenners meen ‘n verdeelde opposisie gee ‘n voordeel aan Masisi se Botswana Demokratiese Party wat sedert sy onafhanklikheid van Brittanje in 1966 die land van 2,3 miljoen mense regeer het. Botswana het stabiliteit en relatiewe […]
Harris sê Trump se veldtog handel oor wraak, selfsugtigheid
Die Amerikaanse visepresident Kamala Harris het die voormalige president Donald Trump beskuldig van ‘n selfsugtige veldtog van wraak, terwyl sy en haar ondersteuners werk vir ‘n beter toekoms vir alle Amerikaners. Sy het ‘n saamtrek toegespreek in Pennsilvanië, een van die deurslaggewende deelstate, voor die presidensiële verkiesing op 5 November. Byna 42-miljoen Amerikaners het reeds […]
Etosha se paaie: NWR sê ministerie doen sy beste
Die toestand van die Etosha Nasionale Park se paaie is weer in die nuus. Rohl’s Tours and Safaris gaan vanaf 1 Desember nie meer toere na die park neem in hul eie voertuie nie, weens voortdurende skade en herstelkoste. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala, die woordvoerder van NWR gepraat wat sê hulle kry […]
Man, 28, wat 14-jarige herhaaldelik verkrag, verskyn vandag
Die Namibiese polisie het ‘n 28-jarige man gearresteer by Ontunda in die Oshikoto-streek vir die herhaalde verkragting van ‘n 14-jarige meisie. Volgens die mag het hy haar herhaaldelik in ‘n lokval gelei deur haar lekkers, koekies en geld van tussen 5 en 7 dollar aan te bied. Haar oom het die klag gemaak. Hy verskyn […]
SA leer by China oor bestuur van staatsondernemings
Die minister in die Presidensie, Maropene Ramokgopa, staan aan die hoof van ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na China van vandag af tot Vrydag. Die woordvoerder Litha Mpondwana sê die besoek is gemik op skakeling met bate-instellings in staatsbesit, wat goeie bestuurpraktyke bevorder. Hy sê dit steun die Wetsontwerp op Nasionale Staatsondernemings en fokus op die hervorming […]
Venom: The Last Dance loop voor in VSA
Die derde en finale aflewering van Sony se Marvel anti-held-reeks Venom: The Last Dance, is bo aan Noord-Amerika se lokettreffers, en het die naweek sowat 903-miljoen-rand tydens sy openingsnaweek verdien. Tom Hardy is die ster in die rolprent as die ondersoekende joernalis Eddie Brock. Paramount en Temple Hill se Smile 2 het tot die tweede […]
Bejaarde-egpaar van N$231 000 op Karibib beroof
‘n Gewapende roof het op Karibib plaasgevind. Volgens die polisie het drie gewapende mans toegang tot ‘n huis in die Namagra fabrieksgebied gekry deur ‘n oop venster. ‘n Bejaarde egpaar is vasgebind en met ‘n mes gedreig. Die boewe het weggekom met ’n 18-karaat goue en diamantketting, satelliet-dekodeerder, skootrekenaar, selfone en meer, ter waarde van […]
Homofobie is na Afrika gebring
‘n Baanbrekende publikasie “The Namibian House: Building inclusive spaces for LGBT+ persons” is deur die Namibiese Instituut vir Demokrasie bekendgestel. Die boek behandel pre-koloniale Afrika en die effek van kolonialisme op gemeenskappe. Kolonialisme het byvoorbeeld homofobie bevorder, terwyl daar geskiedkundige bewyse is van seksuele en geslagsdiversiteit in Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met gesels met […]
Trump maak staat op vrese by New York-saamtrek
Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump beloof om Amerika weer healthy, wealthy, and great te maak. Hy het ‘n saamtrek in sy tuisstad New York se Madison Square Garden gehou. Onder die ondersteuners van die Republikeinse presidentskandidaat was die miljardêr Elon Musk, die stoeier Hulk Hogan en sy voormalige regsverteenwoordiger Rudy Giuliani. Trump sê sy […]