Toenemende ruimterommel in die soeklig

Die Europese Ruimte-agentskap is in gesprek met SpaceX oor die moontlikheid dat Elon Musk se ruimte-onderneming aansluit by ‘n internasionale handves wat ontwerp is om toenemende rommel in die ruimte te verminder. Die 22-nasie-agentskap staan aan die spits van een van verskeie pogings om die massas ruimterommel wat om die planeet draai, te verminder. Kosmos […]

Read More

Twee transito-rooftogte, een in Windhoek, een in Swakopmund, op dieselfde tyd

Daar is twee transito-rooftogte aangemeld. In die eerste geval is ‘n transito-wa by Platz Am Meer op Swakopmund beroof. Volgens wat berig word het die voertuig kontant opgetel. ‘n Skietgeveg het uitgebreek en ‘n sekuriteitswag is doodgeskiet met ‘n ander een beseer. Dit is nie bekend hoeveel rowers daar was nie maar hulle het in […]

Read More

Ons berei hard voor vir EU-reëls maar hoop steeds op uitstel

Daar is steeds kommer oor die nuwe EU-regulasies rakende ontwouding. Die regulasies raak onder meer vleis, huide en houtskool en kan ‘n groot impak hê op landbou-uitvoere na Europa. Soos dit tans staan sal die regulasies vanaf einde Desember vanjaar, en 30 Junie volgende jaar vir mikro-besighede, in werking tree. Die Europese Kommissie het reeds […]

Read More

Algemene gesondheid van politici is uiters belangrik

Die ineenstorting van Netumbo Nandi-Ndaitwah by ‘n saamtrek op Otjiwarongo is steeds in die nuus. Die party sê daar is niks fout met haar nie en sy is gesond. Nandi-Ndaitwah herdenk môre haar 72ste verjaardag en was die afgelope tyd baie besig. Volgens politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah beklemtoon die voorval weer die algemene fiksheid […]

Read More

Fynproewer-diewe buit N$7m se cheddar

Fynproewer-diewe het ‘n massiewe cheddar-rooftog in Londen uitgevoer en soveel aandag getrek dat selfs Jamie Oliver toegetree het. Neal’s Yard Dairy sê ‘n man wat hom as ‘n groothandelverspreider vir ‘n groot Franse maatskappy voorgedoen het, het met 22 metrieke ton bekroonde cheddar ter waarde van 300 000 Britse pond, amper 7 miljoen Namibiese dollar weggekom. […]

Read More

Gariseb weier om terug te staan

Die Khomanin Tradisionele Owerheid, deur regsman Kadhila Amoomo, het die aktivis Shaun Gariseb opdrag gegee om die bewerings wat hy teen die hoof van die owerheid, Julienne Gawanas gemaak het, terug te trek. Volgens die brief het hy gesê dat sy saamwerk met die sistematiese verplasing en onderdrukking van haar mense, en dat sy hande […]

Read More

Gauteng-owerhede werk saam vir misdaadbekamping

Verkeersbeamptes in Gauteng versterk openbare veiligheidspogings in townships, informele nedersettings en sentrale sakedistrikte. Die beamptes werk saam met wetstoepassingsagentskappe, waaronder die SAPD en die metropolisie. Die woordvoerder Sello Maremane die doel met die inisiatief is om misdaad doeltreffend aan te spreek. Hy sê die provinsiale regering het ook belê in opleiding en toerusting, wat insluit […]

Read More

Egipte stel skietstilstand van twee dae voor

Egipte het ‘n skietstilstand van twee dae in Gaza voorgestel om vier Israeliese gyselaars te verruil vir sommige Palestynse gevangenes. Die Egiptiese leier Abdel Fattah al-Sisi het die aankondiging gemaak met pogings om die verwoestende oorlog te ontlont wat in Katar hervat is. Direkteure van die CIA en Israel se Mossad-intelligensie-agentskap is ook teenwoordig. Daar […]

Read More

Leeus in Zim gestroop vir rituele doeleindes

In wat dalk die eerste keer is dat Zimbabwe se Hwange Nasionale Park stropery vir rituele doeleindes ervaar het, is drie leeus doodgeskiet voordat hulle koppe en pote afgesny is. ZimParks sê die stropers het hulle met ’n swaarkaliber-geweer geskiet en die motief kan rituele wees vanweë die manier waarop dit gedoen is. Die voorval kom […]

Read More

Opname oor bekostigbaarheid van energie begin

Die energieministerie is besig met ‘n omvattende opname en bekostigbaarheidstudie in samewerking met die Wêreldbank. Dit kom na lynminister Tom Alweendo kommer uitgespreek het oor die bekostigbaarheid van elektrisiteit. Die studie wat landwyd uitgevoer word, het ten doel om sosio-ekonomiese toestande te assesseer, ontwikkelingsbehoeftes te identifiseer en ‘n robuuste bewysbasis vir die formulering van beleide […]

Read More