Baba in vlak graf op Walvis gekry, polisie vra hulp
Die Erongo-polisie vra die publiek se hulp om die 24-jarige Ashley Mudimu op te spoor, na ‘n gru-vonds agter die vlootbasis op Walvisbaai. Vlootlede op patrollie het afgekom op die lyk van ‘n drie-maande oue dogtertjie in ‘n vlak graf langs die see. Mudima, die baba se ma, kan dalk lig werp op die voorval […]
Swakopmund werk aan behuising
Swakopmund Munisipaliteit het geadverteer dat sy Raad van voorneme is om 5 erwe te skenk aan eerstekeer-huiseienaars wat op die meester-waglys is onder die 40/40 (Krediet skakel) Behuisingsprojek. Die erwe is in Uitbreiding 6 en 7 in Matutura en wissel in waardasieprys tussen 64 000 Namibiese dollar en 70 000 dollar. Die munisipaliteit het in […]
Media24 sluit belangrike gedrukte uitgawes
Media24 sluit belangrike gedrukte uitgawes nadat die Mededingingskommissie toestemming verleen het vir die verkoop van On the Dot, Soccer Laduma en ander bates aan Novus Holdings. Die gedrukte uitgawes van Beeld, Rapport, City Press en Daily Sun word teen 31 Desember gestaak en sommige titels verskuif eksklusief aanlyn. Die tussentydse uitvoerende hoof, Raj Lalbahadur, beklemtoon […]
Libanon-wapenstilstand word bespreek
Senior Amerikaanse amptenare gaan hul Israeliese eweknieë ontmoet om ‘n moontlike ooreenkoms te bespreek om die konflik in Libanon te beëindig. Dit kom na Hamas afsonderlike wapenstilstandplanne vir Gaza verwerp het, waar Israeliese aanvalle voortduur. Volgens Israeliese mediaberigte sal Hezbollah-magte volgens die Amerikaanse plan sowat 30km van die grens met Israel terugtrek. Israeliese magte sal […]
Springbok Vroue-sewesspan verwelkom nuwelinge
Rugby: Nompumelelo Mathe en Leigh Fortuin is twee nuwelinge in die Springbok Vroue-sewesspan vir die Afrika Vroue-sewestoernooi wat volgende naweek in Ghana plaasvind. Die drie top spanne sal kwalifiseer vir Wêreldrugby se uitdaagreeks. Suid-Afrika kom in hulle eerste wedstryd teen Burkina Faso te staan voor hulle sake uitspook met Zimbabwe en Tunisië in Groep A. […]
TB globale probleem, maar Namibië het goeie programme
Alhoewel ‘n rekord 8,2-miljoen nuwe gevalle van tuberkulose verlede jaar wêreldwyd gediagnoseer is, het die aantal TB-verwante sterftes van 1,32-miljoen in 2022 tot 1,25-miljoen verlede jaar gedaal. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê egter nie alle nuwe gevalle word gediagnoseer nie, en daar kan meer as 10 miljoen nuwe gevalle wees. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kalumbi […]
Los Nersa twis, Eskom, lewer eerder krag
Die DA versoek Eskom om sy duur regsgeding teen die Nasionale Energiereguleerder oor die uitreiking van nuwe elektrisiteitsverhandelingslisensies in Eskom se diensgebied, te laat vaar. Die DA-lid, Kevin Mileham, sê hierdie saak veroorsaak nie net afleiding van die kragvoorsiener se grootste verantwoordelikheid, om betroubare elektrisiteit aan Suid-Afrikaners te lewer nie, maar is ook teenstrydig met […]
Charlize Theron, Thabo Rametsi se strokiesboekreeks eer Afrika-krygsvroue
Die bekroonde aktrise Charlize Theron werk saam met die Suid-Afrikaanse skrywer, akteur en filmvervaardiger, Thabo Rametsi en sy sakevennoot, Thabiso Mabanna, aan ʼn nuwe strokiesboekreeks, Imbokodo. Die reeks vereer bekende krygsvroue van Afrika en sluit Shaka Zulu se ma, koningin Nandi, en Angola se koningin Nzinga in. Theron was by die projek betrokke deur haar […]
Proteas klop Bangladesj met ‘n beurt en 273 lopies
Krieket: Suid-Afrika het Bangladesj in die tweede toets in Chattogram verneder om die reeks 2-0 te beklink. Die gashere moes op die derde oggend opvolg na ʼn eerstebeurt-agterstand van 416 lopies nadat die Proteas gister op 575 vir ses verklaar het. Die paaltjies het weer feitlik onmiddellik begin val en die span is uitgeboul vir […]
Staatsdiens kry nou 14 weke kraamverlof, staat betaal wat kort is op voordele
Die Kantoor van die Eerste Minister het ‘n wysiging aan die Staatsdienspersoneelreëls oor kraamverlof goedgekeur, wat kraamverlof vir staatsdienswerknemers van 12 tot 14 weke verleng en ‘n “aanvulling”-betaling instel. Die aanvulling verseker dat werknemers hul volle basiese salaris ontvang, wat die verskil tussen hul gewone salaris en die Maatskaplike Sekerheidskommissie se kraamverlofvoordeel dek. Mahongora Kavihuha, […]