
Cyril loof Angolese president oor DRK, Rwanda skietstaking - August 9, 2024
President Cyril Ramaphosa en die Angolese president, João Lourenço, het hulle verbind om saam te werk en ook met ander leiers in die streek, om te verseker die skietstilstand tussen Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda word permanent. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika en Angola is saam met ander lande ondertekenaars van die […]
Ethiopië beplan Afrika se grootste lughawe - August 9, 2024
Ethiopië het ‘n ooreenkoms onderteken vir die ontwerp van ‘n nuwe vier-aanloopbaan-lughawe wat Afrika se grootste sal wees wanneer konstruksie in 2029 voltooi is. Geleë naby die dorp Bishoftu, sowat 45km van die hoofstad Addis Abeba, sal die lughawe kapasiteit hê om 100 miljoen passasiers per jaar te hanteer en parkering vir 270 vliegtuie te […]
Brittanje gereed vir ‘verregse boewe’ - August 9, 2024
Brittanje hou duisende gespesialiseerde polisielede aan diens in geval van rassistiese oproer die naweek. Die regering sê ook dit oorweeg om regulasies rondom sosiale media-maatskappye te verskerp ná dae van onrus gedryf deur verkeerde inligting aanlyn. Eerste Minister Keir Starmer sê ekstra polisiegetalle en vinnige geregtigheid het wat hy noem “verregse boewe” sedert Woensdag afgeskrik. […]
Sewende verdagte gearresteer in Matheus Sheehama-saak - August 9, 2024
‘n Sewende verdagte is in hegtenis geneem in verband met die dood van die 24-jarige student, Matheus Sheehama, by Walvisbaai. Volgens die NBC is die verdagte die 18-jarige Moses Kandume. Hy het glo vlugtig saam met vyf ander verdagtes in die Walvisbaai landdroshof verskyn op klagte van onder meer moord, regsverydeling en ontvoering. Sheehama se […]
Vals kwalifikasies-verslag in NV ter tafel gelê - August 9, 2024
Die Mosie oor Vals Kwalifikasies in die Openbare Sektor is in 2021 in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê en is verwys na die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling vir verdere ondersoek. Die verslag is voor die Nasionale Vergadering gebring om ter tafel gelê te word. Nono Katjingisua, die voorsitter van die […]
MK-party bevestig nuwe parlementslede - August 9, 2024
Die MK-party het die voorlegging van nuwe kandidate bevestig om verskeie parlementslede te vervang wat ontslaan is. Die party se hoofsweep, Sihle Ngubane, het die speaker van die Nasionale Vergadering ingelig oor die veranderings, en voer aan die LP’s se aanstellings was tydelik. Die woordvoerder van die party, Nhlamulo Ndhlela, het aan Newzroom Afrika gesê […]
Irakse burger in aanhouding oor Taylor Swift-konsert komplot - August 9, 2024
‘n 18-jarige Irakse burger word in Wene aangehou in ondersoeke na ‘n beweerde komplot om ‘n Taylor Swift-konsert aan te val. Oostenryk se binnelandse sake-minister, Gerhard Karner, sê hy kom uit dieselfde kring as die hoofverdagte, ‘n 19-jarige Oostenryker met Noord-Masedoniese agtergrond. Die Irakse verdagte het op 6 Augustus trou aan die Islamitiese Staat jihadiste-groep […]
Meer stappers in Visrivier Canyon vir liefdadigheid - August 9, 2024
Daar was ‘n toename in Namibiese en internasionale stappers wat die Visrivier Canyon-trek onderneem om liefdadigheid te ondersteun, met 15 groepe wat fondse ingesamel het. Namibia Wildlife Resorts het onlangs ‘n skenking van meer as 27 000 Namibiese dollar ontvang van die stappers Paul Murray en Erick McLaren, wat ‘n fondsinsamelingspoging vir die organisasie se […]
Mynbou-ekspo oortref verwagtinge - August 9, 2024
Die 11de uitgawe van die Mynbou-ekspo en -konferensie in Windhoek was ‘n oorweldigende sukses. Vanjaar se byeenkoms het saamgeval met ‘n verbeterde vooruitsig vir die mynbedryf, ondersteun deur ‘n lewendige mineraal-kommoditeitsmark. Die bedryf geniet ook ‘n vinnige bedryfsomgewing wat ontwikkel met vinnige tegnologiese vooruitgang wat in die mynbousektor gemaak word. Veston Malango, die uitvoerende hoof […]
Kommer oor ‘deurgedrukte’ wetgewing - August 9, 2024
Die Nasionale Vergadering het ‘n spesiale sessie die week gehou. Verskeie wetgewings en komittee verslae is bespreek. Ten spyte daarvan dat die parlementslede gedruk is vir tyd was daar op die laaste dag geen kworum om oor items te stem nie. Een van die omstrede wetgewings wat voorgestel was, gaan oor ‘n verbod op publieke […]