
Polisie sê werker het self gesteel, voertuig beskadig - July 25, 2024
Die toer-maatskappy Wilderness Safaris se plasing op sosiale media dat een van hulle bestuurders op die pad tussen Outjo en Khorixas beroof is, is tegnies korrek maar, die waarheid ontbreek. Die polisie in Kunene het bevestig dat die bestuurder nie beroof is nie maar dat hy self die geld gesteel het, die voertuig se voorruit stukkend […]
GRN moet by deursigtigheidsliggaam vir olie aansluit - July 25, 2024
Olie- en gaseksplorasie in die land lei tot groot opgewondenheid oor die ekonomiese potensiaal daarvan en wat dit vir die ekonomie kan beteken. Baie Namibiërs is steeds bekommerd oor moontlike korrupsie wat die voordele kan minimaliseer. Op ‘n onlangse webinaar deur die Ontginningsbedrywe Deursigtigheidsinisiatief het Gilbert Makore, een van die liggaam se streeksdirekteure, die regering […]
Jeug-apatie is eintlik ‘n protes teen partye - July 25, 2024
Wat as apatie onder die jeug beskou word het ’n bekommernis geword, met die jonger geslag wat klaarblyklik nie in politiek belangstel of om te stem nie. Die jeug maak sowat 60 persent van Namibië se bevolking uit, wat hulle aansienlike mag by die stembus gee, maar tog gebruik hulle dit nie. Sommige kommentators sê […]
Britse Hoë Kommissariaat bevestig IPC-brief is vals - July 25, 2024
Die Britse Hoë Kommissaris Charles Moore het in ‘n brief aan Panduleni Itula van die IPC bevestig dat die sogenaamde brief deur die Britse LP Sarah Champion aan die voormalige minister van buitelandse sake David Cameron vals is. Die brief het vroeër aan die lig gekom en lelike aantygings gemaak dat die party ‘n skenking […]
Inkrimping van saaiboerdery wek groot kommer - July 25, 2024
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kwartaallikse ekonomiese oorsig vir April tot Junie 2024 vrygestel. Dit meld dat Namibië se ekonomiese herstel voortduur en sterk groei van 4,7 persent is in die eerste kwartaal van die jaar aangeteken. Die meeste ekonomiese sektore het in 2023 positiewe groei beleef, gelei deur die elektrisiteit- en water-, […]
Balju vat korrektiewe diens se rekenaars, drukkers - July 25, 2024
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare het die hulp van die balju ingeroep om ‘n bevel af te dwing nadat die Departement van Korrektiewe Dienste nie voldoen het aan ‘n arbitrasietoekenning nie. Die Bedingingsraad vir die Algemene Staatsdienssektor het in die guns beslis van 18 lede van die vereniging wat nie betaal is vir verpligte Covid-19-oortyd […]
Dinge raak warm in die Amerikaanse politiek - July 25, 2024
Die vyandigheid in die Amerikaanse politiek begin reeds kop uitsteek met Donald Trump wat sy visier op Kamala Harris geplaas het na Joe Biden se uittrede uit die presidensiële veldtog. En Harris teiken op haar beurt vir Trump.
Katterige bedryf die Saterdag in die Kaap - July 25, 2024
Die Suider-Afrikaanse Katraad se Kat van die Jaar-kompetisie gaan vanjaar 20 kat-rasse tentoonstel. Die tema is A Song of Ice and Fire. Ses beoordelaars gaan die wenners in die verskillende kategorieë kies, soos Kat van die Jaar, Neuter van die Jaar, Klein Katjie van die Jaar en Gesinstroeteldier van die Jaar. Die internasionale beoordelaars vir […]
Pastoor nog ‘n kans gegun om skuld te betaal - July 25, 2024
Hoërhofregter Shafimana Ueitele het ‘n reël 108-bevel uitgereik in die saak waar Bank Windhoek die bekende pastoor Marson Sharpley en sy vrou Angela dagvaar vir amper 1,8 miljoen Namibiese dollar. Die bank eis die egpaar se Khomasdal-huis op. Maar, die regter het die bevel teruggehou tot 5 September om die pastoor ‘n geleentheid te gee om […]
Eiendomsreg en -beskerming in van kritieke belang vir landbou - July 25, 2024
TLU SA sê sosialistiese retoriek, onhaalbare verwagtings en rasgedrewe wetgewing vir privaat eiendom het die ekonomie en die landbousektor ernstig ondermyn. Die landbou-organisasie het die Handves vir die Beskerming van Privaat Eiendomsreg bekendgestel. TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê individue en maatskaplike instellings moet saamstaan teen enigiets wat privaat eiendom bedreig: