
Katutura Inwonerskomitee wil Stad Windhoek hof toe vat - August 9, 2024
Die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati, sê die Stad sal voortgaan om voorafbetaalde kragmeters af te sny vir uitstaande skuld op dienste en belasting. Die Elektrisiteitsbeheerraad het in ‘n riglyn op 27 Junie die blokkering van voorafbetaalde meters vir nie-elektrisiteitverwante skuld verbied. Die Stad sê egter hy betwis die riglyn want dit is sonder voldoende […]
Ondangwa-dorpsraad skryf N$26,5 miljoen se renteskuld af - August 9, 2024
Altesaam 1 062 rekeninghouers het sedert Oktober verlede jaar by die Ondangwa-dorpsraad se skuldaansporingsprogram baat gevind. Die raad het 26,5 miljoen Namibiese dollar se rente afgeskryf sedert die begin van die program in Oktober verlede jaar, sê die Ondangwa dorpsraad se woordvoerder, Petrina Shitalangaho-Mutikisha. Die program eindig volgende maand. Inwoners se uitstaande skuld staan tans […]
NV verdaag sonder kworum op laaste dag - August 9, 2024
Die Nasionale Vergadering het tot September verdaag nadat ‘n spesiale sessie vandeesweek gehou is om agterstallige sake af te handel. Die sittings het egter weer geëindig met geen stemkworum vir die staande komiteeverslae wat ter tafel gelê sou word nie. Die laaste item was die oorweging van ‘n komiteeverslag oor toesigbesoeke aan groenskemas en landbouprojekte […]
Botswana kry middag af ter viering van eerste Olimpiese goud - August 9, 2024
President Mokgweetsi Masisi van Botswana het die land vanmiddag afgegee om Letsile Tebogo se prestasie te vier. Tebogo is die land se eerste goue medalje-wenner en die eerste uit Afrika om Olimpiese kampioen oor 200-meter te word. Masisi loof die 21-jarige naelloper as “Botswana se Sensasie” na sy puik vertoning. Tebogo het sy ma se […]
Malawi-president se party steun tweede termyn - August 9, 2024
Malawi se president, Lazarus Chakwera, het sy party se steun verseker om vir ‘n tweede termyn in volgende jaar se verkiesing te staan. Sy kanse om mag te behou kan daarvan afhang of sy Malawi Congress Party ‘n sterk alliansievennoot vind. Die United Transformation Movement sê het hy sal uit hul verkiesing-vennootskap onttrek ná die […]
Spring om te registreer vir die Bank Windhoek Red Run! - August 9, 2024
Meer as 1 700 deelnemers het reeds geregistreer vir die langverwagte Bank Windhoek Red Run. Die samewerkende byeenkoms tussen die /Ae //Gams-sportklub en Bank Windhoek het wedlope van 5km, 10km, 21,1km en 42,2km, met ‘n totale pryspoel van 60 000 Namibiese dollar en medaljes. Registrasie eindig vandag om 6-uur by Zoo Park, so as jy […]
Berei voor vir rentekoers verlagings, beleggers - August 9, 2024
Simonis Storm se Vaste-inkomste-verslag verskaf ‘n omvattende ontleding van die vaste-inkomste ruimte in Amerika, Suid-Afrika en Namibië. Aangesien die Amerikaanse Federale Reserweraad na verwagting rentekoerse in September sal begin verlaag, word verwag dat Suid-Afrika sal volg met ‘n 75 basispuntverlaging oor sy rentekoersverlagingsiklus. Gegewe Namibië se geldeenheid-koppeling aan Suid-Afrika, sal Namibië na verwagting sy koerse […]
Bosasa-korrupsiesaak begin in Januarie - August 9, 2024
Die Hooggeregshof in Pretoria het die voorverhoorkonferensie oor die korrupsiesaak teen die voormalige kommissaris van Korrektiewe Dienste, Linda Mti, die voormalige hoof-finansiële beampte van die departement, Patrick Gillingham, en die voormalige hoof-finansiële beampte van Bosasa, Andries van Tonder, tot Januarie 2025 uitgestel. Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê daar word gewag op die […]
Soedan, RSF dalk in gesprekke oor wapenstilstand - August 9, 2024
Die Soedanese regering sê hy sal ‘n afvaardiging na Jeddah stuur om met die Verenigde State te konsulteer oor ‘n uitnodiging om wapenstilstandsgesprekke in Genève op 14 Augustus te hou. Die samesprekings het ten doel om die 15-maande-oue oorlog tussen die Soedanese weermag en die Rapid Support Forces paramilitêre magte te beëindig. Die Geneefse samesprekings, […]
Bokke voorbereid op enigiets teen Aus - August 9, 2024
Rugby: Die Springbokke maak gereed om môre in Brisbane met die Wallabies kragte te meet in die openingswedstryd van die Rugbykampioenskap. Anders as destyds met Super Rugby toe die spelers mekaar gereeld aangedurf het, is daar baie onbekende faktore vir albei spanne, met die Suid-Afrikaanse spanne wat nou in die noordelike halfronde speel. Om tot […]