DBN dra N$21 miljard aan ekonomie by
“Groei in die nalatenskap van volhoubare ontwikkeling” is die titel van die Ontwikkelingsbank van Namibië se 2023/2024 geïntegreerde jaarverslag. Volgens die bank se uitvoerende hoof, dr. John Steytler, het die bank gedurende die afgelope 20 jaar meer as 21 miljard Namibiese dollar tot die ekonomie bygedra. Hy het gepraat by die verslag se vrystelling. Steytler […]
Outa sê anti-korrupsie liggame moet meer befondsing ontvang
Die Organisasie teen Belastingmisbruik versoek die regering om befondsing vir sleutelliggame teen korrupsie, soos die Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoekeenheid, te vergroot. Hulle waarsku ‘n gebrek aan toesig in openbare-private vennootskappe kan aanleiding gee tot vermorste belastingbetalersgeld en ondoeltreffendheid. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, kritiseer die mediumtermyn-begrotingsrede van die minister van Finansies, […]
Spanje se dodetal styg na 158 na oorstromings
Die dodetal van verwoestende vloede in Oos-Spanje het tot 158 gestyg, volgens streeksowerhede en nooddienste, terwyl die land drie dae van rou begin het en die eerste minister, Pedro Sánchez, mense versoek het om tuis te bly. Met voorspellings van meer slegte weer en stormwaarskuwings verder noord, het Sánchez inwoners aangemoedig om instruksies van die […]
Musk daag nie by US$1m-hofsaak op nie
Elon Musk het versuim om by ‘n verhoor op te daag in ‘n Philadelphia-saak wat sy 1 miljoen Amerikaanse dollar-per-dag beweerde lotery uitdaag. Dit sou minagting van die hof wees as die saak in die hof in Pennsilvanië voortgegaan het, maar dit is na die federale hof verskuif na ‘n mosie wat deur Musk se […]
Moenie raas nie, die kinders leer!
NamPol adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het onlangs die belangrikheid van openbare nakoming van die Drankwet se regulasies beklemtoon. Met skole wat vroeër as gewoonlik vir die verkiesings gesluit het, het sy sjebiens, kroeë en kerke aangemoedig om geraas tot die minimum te beperk om te verhoed dat leerders en studente wat vir nasionale eksamens voorberei, ontwrig […]
Vier Chinese in Usakos aangerand, beroof
Die Erongo-polisie rapporteer dat vier Chinese sakemanne omtrent 2-uur vanoggend in hul huis in Bo-dorp, Usakos deur vier mans oorval is. Die verdagtes het ingebreek en die mans met ysterpype aangerand en met ‘n pistool gedreig. Hulle het weggekom met 5 iPhones van 32 000 Namibiese dollar elk, 60 000 dollar in kontant, 3 000 […]
Padvragvereniging sê minibegroting pak nie uitdagings by hawens aan nie
Die Padvragvereniging sê daar is geen melding gemaak van enige onmiddellike optrede om die toerusting by hawens te verbeter in die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se minibegroting nie. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê hierde situasie verlam bedrywighede. Hy sê daar is ook nie verwys na sleutelinfrastruktuur om te verseker dat grootmaat-gebruiksgoedere […]
Veelsydige WP-speler kry eerste nasionale oproep
Krieket: Die veelsydige speler van Westelike Provinsie, Mihlali Mpongwana, is die eerste keer in die nasionale groep ingesluit toe die witbal-afrigter, Rob Walter, sy groep van 16 spelers aangekondig het vir volgende maand se tuisreeks van vier T20’s teen Indië. Hy het van die meeste paaltjies laat kantel in vanjaar se T20-uitdaging. Snelbouler Kagiso Rabada […]
Hosea Kutako Museum en Gedenkheiligdom volgende maand ingehuldig
President Nangolo Mbumba sal op 18 November die Hosea Kutako Museum en Gedenkheiligdom by Taosis in die Aminius-kiesafdeling in die Omaheke-streek inhuldig. Die heiligdom vang die geskiedkundige reis vas van een van Namibië se mees gerespekteerde leiers en ‘n deurslaggewende figuur in die land se stryd om onafhanklikheid. Hoofman Hosea Kutako was een van Namibië […]
Afriforum lig BELA-kwelpunte uit
AfriForum het kwelpunte oor die BELA-wet uitgelig na die minibegrotingsrede deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, Die begroting maak nie voorsiening vir bykomende befondsing vir onderwys nie, en tekorte word as selftoegedien beskou. Alana Bailey van AfriForum waarsku besnoeiings kan lei tot die aflegging van onderwysers asook ʼn las op hulpbronne wat toestande in […]