EU ondersoek Temu vir onwettige produkte

Die Europese Unie het met ‘n formele ondersoek na die e-handelsplatform, Temu, begin wat sy pogings bevraagteken om die verkope van onwettige produkte te voorkom. Temu het 92-mijoen gebruikers in die Europese Unie en moet aan die Wet op Digitale Dienste voldoen om die beskerming van verbruikers te verseker. EU-hoof van tegnologie, Margrethe Vestager lê […]

Read More

Onderwysamptenaar stroop blykbaar buffels

‘n Amptenaar van die onderwysministerie in die Zambezi-streek is aangekla van die onwettige jag van wild, misbruik van ‘n regeringsvoertuig en die aanranding van ‘n natuurbewaarder. Dit kom na hy betrap is met buffelvleis in sy regeringsvoertuig sowel as twee jaggewere. Hy is tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie naby Lyambezi-meer gevang deur lede van die omgewingsministerie […]

Read More

Masisi sê hy sal opsy staan

Mogweetsi Masisi, president van Botswana, het reeds die land toegespreek en sê hy sal opsy staan. Dit kom na die voorlopige uitslae in Woensdag se verkiesing toon dat sy Botswana Demokratiese Party uiters swak vertoon het met die opposisiepartye wat reeds 35 setels in die land se parlement bekom het. Die Umbrella for Democratic Change […]

Read More

Trump voel net mooi niks vir vroue nie

Amerika se visepresident Kamala Harris beskryf oudpresident Donald Trump se onlangse opmerking oor vroue as verregaande en sê hy respekteer nie vroue se vryheid nie. Trump het gesê hy sal vroue in Amerika beskerm of hulle daarvan hou of nie. Harris het by ʼn saamtrek in die swaaistaat Nevada gesê Trump wil ʼn nasionale verbod […]

Read More

Meer as 400 tree toe in Al Fayed-saak

Die groep Justice for Harrods Survivors wat beweerde slagoffers van die ontslape sakemagnaat Mohamed al Fayed verteenwoordig, sê meer as 400 mense het na vore gekom, insluitend nog slagoffers en getuies. Dit volg op ‘n string bewerings teen die miljardêr wat verlede jaar dood is. Dit volg op ‘n dokumentêr van die BBC waarin verskeie […]

Read More

Zim-spreker sê Swapo moet grondkwessie gewelddadig hanteer 

Aanmerkings deur die Zimbabwiese openbare spreker Joshua Mapongo by Swapo se manifesberaad het kommer uitgelok. Hy sê die regerende party moet homself gedra soos ‘n leier en ophou om verskoning vra. Volgens hom moet Swapo die grondkwessie hanteer soos China wat al die grond in die land besit en dit verhuur. Hy het die party […]

Read More

Mashatile sê GNU werk om beleggings te stimuleer 

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering het verskeie stappe gedoen om buitelandse belegging te stimuleer, insluitend eenvoudige belastingreëls en ‘n mededingende regulatoriese raamwerk. Hy het gister vrae oor ‘n reeks kwessies in die Nasionale Vergadering beantwoord, insluitend oor die ekonomie, die waterkrisis en uitdagings in munisipaliteite. Mashatile sê die regering van nasionale eenheid is van […]

Read More

Rusland ontplooi 8 000 N-Koreaanse troepe na Kursk

Die Verenigde State sê sy intelligensie dui aan dat daar op die oomblik 8 000 Noord-Koreaanse troepe in Rusland se Kursk-streek ontplooi is en dat die troepe, wat deel is van die 10 000 wat aanvanklik gestuur is, reeds opgelei is en binnekort teen die Oekraïne sal ontplooi word. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, […]

Read More

Vermeende fynproewer kaasdief aangekeer 

Die Britse polisie het ‘n 63-jarige man in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 22 ton kaas. Hy word ondersoek vir bedrog en die hantering van gesteelde goedere. Die kaas is verlede week by Neal’s Yard Dairy in Southwark in die suide van Londen gesteel. Die maatskappy sê hy het cheddar in kaasdoek […]

Read More

Kosmos 94.1 verjaar, ons is 23!

Ons vier vandag fees! Namibië se enigste Afrikaanse kommersiële radiostasie, en jou gunsteling, is vandag 23 jaar oud. Kosmos 94.1 Nuus het met sy stigter en veteraan-uitsaaier Kolie van Coller gesels oor die merkwaardige mylpaal. 

Read More