Tweede menseregtebeleid kom 5 jaar na eerste afsluit
Die kabinet die eerste Nasionale Menseregte-aksieplan (2015-2019) hersien en die ontwikkeling van die tweede Aksieplan begin. Kabinet het ook die insluiting van die Ombudsman se aanbevelings goedgekeur en die justisie- en finansministeries opdrag gegee om die proses te koördineer. Die minister van inligting Emma Theofelus.
Gauteng se waterkwessies – lekkasies veroorsaak 33% verlies
AfriForum het ʼn veldtog bekendgestel wat munisipaliteite in Gauteng sal dwing om die 72-uur-spertyd om waterlekkasies reg te maak, na te kom. Rand Water het weens ʼn toename in aanvraag ʼn vlak een-waterbeperking tot Maart volgende jaar in die provinsie ingestel. AfriForum-woordvoerder Lambert de Klerk sê die veldtog is daarop gemik om Dag Zero in […]
EU ondersoek Temu vir onwettige produkte
Die Europese Unie het met ‘n formele ondersoek na die e-handelsplatform, Temu, begin wat sy pogings bevraagteken om die verkope van onwettige produkte te voorkom. Temu het 92-mijoen gebruikers in die Europese Unie en moet aan die Wet op Digitale Dienste voldoen om die beskerming van verbruikers te verseker. EU-hoof van tegnologie, Margrethe Vestager lê […]
Onderwysamptenaar stroop blykbaar buffels
‘n Amptenaar van die onderwysministerie in die Zambezi-streek is aangekla van die onwettige jag van wild, misbruik van ‘n regeringsvoertuig en die aanranding van ‘n natuurbewaarder. Dit kom na hy betrap is met buffelvleis in sy regeringsvoertuig sowel as twee jaggewere. Hy is tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie naby Lyambezi-meer gevang deur lede van die omgewingsministerie […]
Masisi sê hy sal opsy staan
Mogweetsi Masisi, president van Botswana, het reeds die land toegespreek en sê hy sal opsy staan. Dit kom na die voorlopige uitslae in Woensdag se verkiesing toon dat sy Botswana Demokratiese Party uiters swak vertoon het met die opposisiepartye wat reeds 35 setels in die land se parlement bekom het. Die Umbrella for Democratic Change […]
Trump voel net mooi niks vir vroue nie
Amerika se visepresident Kamala Harris beskryf oudpresident Donald Trump se onlangse opmerking oor vroue as verregaande en sê hy respekteer nie vroue se vryheid nie. Trump het gesê hy sal vroue in Amerika beskerm of hulle daarvan hou of nie. Harris het by ʼn saamtrek in die swaaistaat Nevada gesê Trump wil ʼn nasionale verbod […]
Meer as 400 tree toe in Al Fayed-saak
Die groep Justice for Harrods Survivors wat beweerde slagoffers van die ontslape sakemagnaat Mohamed al Fayed verteenwoordig, sê meer as 400 mense het na vore gekom, insluitend nog slagoffers en getuies. Dit volg op ‘n string bewerings teen die miljardêr wat verlede jaar dood is. Dit volg op ‘n dokumentêr van die BBC waarin verskeie […]
Zim-spreker sê Swapo moet grondkwessie gewelddadig hanteer
Aanmerkings deur die Zimbabwiese openbare spreker Joshua Mapongo by Swapo se manifesberaad het kommer uitgelok. Hy sê die regerende party moet homself gedra soos ‘n leier en ophou om verskoning vra. Volgens hom moet Swapo die grondkwessie hanteer soos China wat al die grond in die land besit en dit verhuur. Hy het die party […]
Mashatile sê GNU werk om beleggings te stimuleer
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering het verskeie stappe gedoen om buitelandse belegging te stimuleer, insluitend eenvoudige belastingreëls en ‘n mededingende regulatoriese raamwerk. Hy het gister vrae oor ‘n reeks kwessies in die Nasionale Vergadering beantwoord, insluitend oor die ekonomie, die waterkrisis en uitdagings in munisipaliteite. Mashatile sê die regering van nasionale eenheid is van […]
Rusland ontplooi 8 000 N-Koreaanse troepe na Kursk
Die Verenigde State sê sy intelligensie dui aan dat daar op die oomblik 8 000 Noord-Koreaanse troepe in Rusland se Kursk-streek ontplooi is en dat die troepe, wat deel is van die 10 000 wat aanvanklik gestuur is, reeds opgelei is en binnekort teen die Oekraïne sal ontplooi word. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, […]