Napha herdenk 50 jaar, sooisput geleentheid in Desember
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging vier sy 50ste bestaansjaar van 2 tot 4 Desember. Die jagvereniging is in 1974 gestig om jag te bevorder en die land as jagbestemming internasionaal te vestig. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz van Napha gesels.
Twee Swapo strydrosse baklei in die hof
Die politieke ontleder en Swapo-veteraan dr. Charles Mubita dagvaar mede-partylid Reinhold Shipwikineni vir skadevergoeding vir wat hy as laster beskryf. Luisteraars sal Shipwikineni onthou as die partylid wat tans in die hof baklei dat die party ‘n kongres hou om ‘n president te verkies. In die saak, wat verdedig word, voer Mubita aan dat Shipwikineni […]
Befondsing van kinderhuise noodsaaklik
Adjunkminister in die geslagministerie Bernadette Jagger bydraers bedank vir die insameling van 300 000 Namibiese dollar vir SOS Kinderdorpe in Namibië, wat sedert 1984 huise en ondersteuning aan kinders verskaf. Een uit elke tien kinders word van hul gesinne geskei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sylvia Shimaneni, die waarnemende hoof van fondse en kommunikasie […]
DA verwerp wysiging van wapenwet
Die DA het sy verwerping van die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer herhaal en sê dit sal slegs Suid-Afrikaners se vermoë belemmer om hulleself te beskerm. Die wetsontwerp stel ‘n beperking voor op die hoeveelheid ammunisie wat ‘n gelisensieerde vuurwapeneienaar in besit mag hê. Ofentse Mokae van die DA sê hulle doen ook ‘n beroep vir ‘n […]
Hello Kitty is vandag 50 jaar oud
Dit is vandag 50 jaar sedert die Japannese handelswaremaatskappy, Sanrio, die eerste weergawe van Hello Kitty bekendgestel het. Dis ontwerp met ʼn gesig sonder ʼn mond, ʼn ovaalvormige neus en kenmerkende rooi strik. Sanrio sê hierdie eienskappe is steeds wat mense na Hello Kitty aantrek en haar ʼn skoon lei maak waarop mense hul emosies […]
Pensioenfonds van bouwerkers soek begunstigdes
Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds is besig om die kwessie van onopgeëiste pensioenvoordele aan te spreek. In 2022 was daar ongeveer 2 500 onopgeëiste voordele. Sedert September 2023 het die fonds meer as 1 900 lede suksesvol opgespoor en voordele aan meer as 800 van hulle uitbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Enwich Kazondu, die fonds […]
Zuma appelleer vandag teen ANC-skorsing
Die Jacob Zuma-stigting het bevestig die ANC sal vandag oudpresident Jacob Zuma se aanlyn appèlverhoor teen sy uitsetting aanhoor. Zuma, is in Julie geskors weens sy ondersteuning vir die MK Party eerder as die ANC. Die klag sluit in dat Zuma die MK in die openbaar onderskryf en die ANC-veldtog verwerp het. Die stigting se […]
J-Lo sê sy is van Puerto Rico, en sy is Amerikaans
Jennifer Lopez het toegetree in die Amerikaanse verkiesings en het saam met Demokraat Kamala Harris in Las Vegas by ‘n saamtrek verskyn. Sy het die aanmerkings oor Puerto Rico by Donald Trump se saamtrek in New York aangespreek.
Stewige All Blacks span vir môre in Londen
Die All Blacks speel môre in Londen teen Engeland met hulle sterkste moontlike span. Hoofafrigter Scott Robertson het na die toets verlede naweek teen Japan in Yokohama verskeie senior spelers ingesluit met slegs vier spelers wat in die opdrafspan behou is. Die Kiwi’s het Engeland twee keer in Julie tuis verslaan maar volgens Robertson is […]
Erongo-polisie sê oor baba, die pa en vermiste ma
Die Erongo-polisie sê lede van die Namibiese Vloot het vroeg Donderdagoggend op die lyk van ‘n drie maande oue babameisie in ‘n vlak graf langs die see ontdek. Die voorlopige ondersoek toon dat Ashley Mudimu, die kind se ma en ‘n 24-jarige Zimbabwiese burger Woensdag deur die kêrel, ook ‘n Zimbabwiese burger, saam met hulle […]