GOOD kap opheffing van R370 hulptoelaag
Die GOOD-party sê finansminister Enoch Godongwana se besluit om die Maatskaplike Verligtingshulptoelaag van 370 Suid-Afrikaanse rand per maand volgende jaar op te skort, ondanks die voorspelde groei in die ekonomie wat te stadig is om werk te skep, is ‘n klap in die gesig van miljoene Suid-Afrikaners wat nie gekies het om arm te wees […]
NKorea skend resolusies met sy missiel: Withuis
Die Withuis het Noord-Korea veroordeel nadat hy ʼn langafstand- ballistiese missiel afgevuur het en sê dis ʼn blatante skending van talle resolusies van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Noord-Korea het gisteroggend ʼn nuwe tussenkontinentale ballistiese missiel, Hwasong-19, getoets. Die toets volg nadat Noord-Korea blykbaar sy kernproduksie-pogings verskerp en bande met Rusland versterk het. Dit veroorsaak […]
Engeland se kaptein verdedig All Blacks se haka
Rugby: Die kaptein van Engeland, Jamie George, sê hy hou van die geskiedenis van die haka nadat sy spanmaat, Joe Marler, gesê het Nieu-Seeland behoort hulle ritueel voor wedstryde te staak. Met die twee ou aartsvyande wat môremiddag in Twickenham sake uitspook, het Marler, wat nie in Engelse span ingesluit is nie, die haka as […]
Brandstof onveranderd vir November
Die brandstofprys is onveranderd vir November. Dus kos petrol 20 Namibiese dollar 25 sent by die pomp op Walvisbaai terwyl diesels 50ppm teen 19,72 per liter verkoop en 10ppm teen 19,82. Die lyministerie sê die olieprys was bestendig oor die afgelope maand en terwyl daar wel onderverhalings was, 6 sent vir petrol en 18 sent […]
Namport verwag 40 vaartuie oor feestyd
Die feestyd kom vinnig nader en meer as 40 passasierskepe is op pad na die hawens van Walvisbaai en Lüderitz. Op 4 November doen die AIDAstella, ‘n vaartuig van Italië, Walvisbaai aan en op 5 November sal sy in Lüderitz wees. AIDAstella het ‘n totaal van 1 097 kajuite vir 2 194 passasiers, met ‘n […]
Biodiversiteitsbewaring moet verbeter
Kenners waarsku dat regerings nog ʼn dekade kan beleef waar biodiversiteit verlore gaan weens die stadige instelling van ʼn internasionale ooreenkoms om die vernietiging van die Aarde se ekostelsels te keer. ʼn Ooreenkoms wat in Desember 2022 by die Biodiversiteit COP15 onderteken is, sluit teikens in om 30-persent van die planeet teen die einde van […]
VF+ is boos oor R89m vir advertensie veldtog vir NVG
Die Vryheidsfront Plus sê dis duidelik dat advertensieveldtogte vir die Nasionale Gesondheidsversekering meestal geldmors en ongeregverdig was. Die Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het onthul 89 miljoen Suid-Afrikaanse rand is aan versekering se advertensieveldtogte bestee en dat die uitgawe nie waarde vir geld gebied het nie. Philip van Staden van die party sê dit wys hoe desperaat […]
Woermann wag nog vir verslag na brand
‘n Ondersoek is gelas na Maandagnag se brand by die Woermann Brock-supermark in Ombili, Katutura. Die winkel is ‘n noodsaaklike diens vir ‘n groot gemeenskap en die diens ontbreek op die oomblik. Kosmos 94.1 Nuus het met Braam van Niekerk, algemene bestuurder van die groep gepraat. Hy sê hulle wag nog op die brandweer se […]
Banke eis meer as N$60m in weeklikse mosiehof
Regters George Coleman en Thomas Masuku het 82 aansoeke vir verstekvonnisse, met 18 op die reël 108-rol vanoggend in die mosiehof hanteer. Kommersiële banke het 45 van die aansoeke gebring. Een voertuig moet terugbesorg word en daar is 19 lenings met ‘n skuldlas van amper 4 miljoen Namibiese dollar wat nou betaal moet word. Die […]
RA se mobiele voertuigstasie gereed vir feestyd
Die Paaie-owerheid se 6 miljoen Namibiese dollar mobiele voertuigtoetsstasie is nou operasioneel. Die mobiele stasie sal landwyd reis en padwaardigheidstoetsdienste in afgeleë gebiede verskaf, veral gedurende die feestyd. Dit is toegerus om voertuie met ‘n bruto voertuigmassa van minder as 3 500kg te toets. Tans bied dit slegs besprekings vir padwaardigheidstoetse, die toetse en sertifisering; […]