Trump dagvaar CBS-netwerk oor Harris-onderhoud

Die Amerikaanse presidensiële kandidaat Donald Trump het CBS News gedagvaar oor ‘n onderhoud met vise-president Kamala Harris op die program 60 Minutes. Hy eis 10-miljard Amerikaanse dollar by die netwerk, en beweer daar is aan die onderhoud gepeuter. Dit is ten spyte van CBS se verduideliking oor waarom twee snitte met verskillende antwoorde uitgesaai is. […]

Read More

All Blacks swakker, maar steeds prestasie om te klop

Rugby: Die Engelse stut Ellis Genge sê om vandag Nieu-Seeland te klop sal steeds ‘n besondere prestasie wees, ondanks die All Blacks se onlangse swak uitslae. Nieu-Seeland het drie van hulle ses wedstryde verloor in vanjaar se suidelike halfrond Rugbykampioenskap nadat hulle in die 2023 Wêreldbekereindstryd met een punt geklop is deur hulle aartsvyande Suid-Afrika. […]

Read More

Invoere styg 20,5% in September

Die Namibië Statistieke Agentskap sê die land se invoere het in September 14,8 miljard Namibiese dollar bereik, wat die hoogste maandelikse totaal sedert Januarie vanjaar is. Dit verteenwoordig ‘n toename van 20,5 persent vanaf die vorige maand en ‘n 33,7 persent jaar-tot-jaar styging vergeleke met die 11,1 miljard dollar wat in September 2023 aangeteken is. […]

Read More

Batohi hersien terugtrek van klagte teen Kodwa

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, gaan die besluit hersien om korrupsie-aanklagte teen die voormalige minister van Sport, Zizi Kodwa, en sy medebeskuldigde, Jehan Mackay, te laat vaar. Die hersiening volg op ‘n versoek van die Valke om die beslissing deur die Suid-Gautengse Direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, te hersien. Volgens NVG-woordvoerder, […]

Read More

Duma Boko ingesweer as Botswana president

Botswana se hoofregter Terence Rannowane het Duma Boko Vrydagmiddag amptelik tot die wenner van die presidensiële verkiesing verklaar. Die 54-jarige van die Umbrella for Democratic Change vervang president Mokgweetsi Masisi, wat ‘n nederlaag erken het nadat sy Botswana Democratic Party slegs in die vierde plek kon eindig. Boko is by die kantoor van die hoofregter […]

Read More

Dronkbestuur op Walvisbaai pla Copps 94.1-span

Die Copps 94.1-span was in Walvisbaai op patrollie saam met polisielede en gevalle van dronkbestuur het die aand oorheers. Francois Lottering was op die toneel en doen verslag.

Read More

Inligtingsministerie, LifeLine/ChildLine takel kuberveiligheid

’n Vyfjaar-ooreenkoms om kuberveiligheidsbewustheid te verhoog en die publiek daaroor op te voed, met ’n besondere fokus op kinders, is deur die inligtingsministerie en LifeLine/ChildLine Namibia onderteken. Deur projekte wat deur LifeLine/ChildLine gelei word, poog hierdie samewerking om kubersekuriteitsopvoeding vir die algemene bevolking te verbeter. Die klem sal daarop wees om kinders die vaardighede te […]

Read More

Korrupsieklagte teen Zizi Kodwa teruggetrek

Aanklagte van bedrog en korrupsie teen die voormalige minister van Sport, Zizi Kodwa, en die voormalige direkteur van die firma EOH, Jehan Mackay, is na vertoë van albei beskuldigdes teruggetrek. Die staat het die besluit van die Direkteur van Openbare Vervolging in die landdroshof op Palm Ridge bekendgemaak. Kodwa, wat vroeër daarvan beskuldig is dat […]

Read More

Israel bombardeer suide van Beiroet

Libanon se eerste minister, Najib Mikati, het Israel beskuldig van die verwerping van ‘n wapenstilstand, nadat die Israelse weermag die Hezbollah-vesting in die suide van Beiroet hierdie week vir die eerste keer gebombardeer het. Minstens tien aanvalle het die suidelike voorstede voor dagbreek getref nadat die Israeliese weermag ontruimingswaarskuwings uitgereik het. Die aanvalle het gebeur […]

Read More

Ruben Amorim is nuwe Manchester United-bestuurder

Sokker: Ruben Amorim is Manchester United se nuwe bestuurder. Die 39-jarige is tans bestuurder van Sporting en verhuis op 11 November uit Lissabon na Old Trafford. Sy kontrak is geldig tot Junie 2027. Die voormalige doelskieter van United, Ruud van Nistelrooy, neem op ‘n tussentydse basis waar nadat Erik ten Hag Maandag afgedank is en […]

Read More