Kabinet verlaag toelaatbare vangs vir stokvis
Die Kabinet het ‘n totale toelaatbare vangs van 140 000 metrieke ton vir stokvis vir die 2024/25-seisoen goedgekeur, wat strek van 1 November tot 30 September volgende jaar. Dit is minder as die 154 000 metrieke ton wat vir die vorige seisoen vasgestel was, in ooreenstemming met die Kabinet se opdrag om stokvisvangste geleidelik te […]
Giwusa vra oudit van openbare skuld
Die vakbond vir algemene nywerhede, Giwusa, sê ‘n omvattende skuldoudit is noodsaaklik te midde van stygende openbare skuldvlakke. Die vakbond kritiseer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se fokus op die gereelde terugbetaling van skuld, eerder as om openbare dienste te verbeter, wat streng besparingsmaatreëls veroorsaak het. Koketso Phasha van Giwusa bepleit die verhoging van […]
Groei in VSA arbeidsmag duik in die hek
Die groei in die Amerikaanse arbeidsmag het in Oktober drasties gedaal. Dit is tydelik getref deur orkane en stakings, in ‘n finale groot ekonomiese prentjie voor die verkiesing en met lewenskoste wat kiesers se kommer oorheers. Die wêreld se grootste ekomonie het verlede maand net 12 000 werksgeleenthede bygevoeg, wat baie laer is as verwagtinge […]
Arsenal steeds ‘n aanspraakmaker: Arteta
Sokker: Afrigter Mikel Arteta sê Arsenal is steeds ʼn sterk aanspraakmaker aan die bopunt van die Premierliga ondanks hul glipse die afgelope twee weke. Die Gunners is derde en soek steeds hulle eerste belangrike titel sedert 2004. Hulle is na nege wedstryde vyf punte agter die voorlopers, Manchester City, na ʼn onverwagse nederlaag van 2-nul […]
NSA brei uit oor N$5,8 miljard negatiewe handelsbalans
Die land se handelsbalans het in September ‘n tekort van 5,8 miljard Namibiese dollar aangeteken, vergeleke met ‘n tekort van 3,6 miljard dollar in Augustus en 3,4 miljard dollar in September 2023. Suid-Afrika is steeds Namibië se grootste mark vir beide uitvoere en invoere, volgens die jongste handelstatistieke-verslag. Mirjam Shihepo, die Nasionale Statistieke Agentskap se […]
Nuwe Botswana-president wil De Beers-ooreenkoms afsluit
Botswana se nuwe president, Duma Boko, sê hy wil so gou moontlik samesprekings vir ‘n nuwe verkoopsooreenkoms met De Beers afsluit. De Beers het verlede jaar oor ‘n nuwe diamantverkoopverdrag ooreengekom, wat die regering se aandeel in diamante van die Debswana gesamentlike onderneming geleidelik tot 50 persent oor die volgende dekade sal laat toeneem. Die […]
Duisende stap na verwoeste Valencia om hulp aan te bied
Die dodetal van die vloede in Spanje het tot 205 gestyg. Inwoners van die Valencia-streek is gewaarsku om gereed te maak vir nog reën en ‘n bykomende 1 000 soldate is geoormerk om te help met die reddingsoperasies. Vier streke, insluitend Valencia, bly op waarskuwing weens die risiko van reën en storms. Die aantal vermiste […]
Zverev klop Tsitsipas in Parys, Rune loer na ATP-finaal
Tennis: Alexander Zverev het gister sy teenstander Stefanos Tsitsipas geklop in die kwarteindstryd van die Meesters in Parys, terwyl Holger Rune klaargespeel het met Alex de Minaur om sy kans te behou om vir die ATP Toerfinaal van 10 tot 17 November in Turyn te kwalifiseer. Zverev se 7-5, 6-4 sege oor Tsitsipas hou hom […]
Ontwikkelingsbank soek werkloosheidstatistieke
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het hulle geïntegreerde finansiële verslag vrygestel. Die bank het in hulle 20-jarige bestaan 21 miljard Namibiese dollar tot die ekonomie bygedra en het 76 000 werksgeleenthede geskep. Die bank se hoof van menslike hulpbronne, Sara Kapiye, het by ‘n perskonferensie die bank se vyf-jaar plan bekendgemaak. Volgens Kapiye het hulle opgedateerde […]
Departement vra insette oor ongewenste bemarking
Die handel, nywerheid en mededinging-departement vra kommentaar van die publiek oor konsepwysigings aan Regulasie 4 van die Wet op Verbruikersbeskerming, wat ongewenste direkte bemarking aan bande wil lê. Die wysigings sluit ‘n register in om te kan onttrek, wat vereis dat direkte bemarkers registreer en nie met verbruikers in verbinding tree nadat hulle onttrek het […]