Namibia Berries brei uit, wil grootste in Suider-Afrika wees
Namibia Berries by Divundu in die Kavango-Oos-streek beoog om teen 2026 die grootste bessieplaas in Suider-Afrika te wees. Die maatskappy is besig met uitbreiding om ‘n plaas van 500 hektaar te ontwikkel. Michael Rodenburg, direkteur en stigter van Namibia Berries, sê die maatskappy het reeds 750 miljoen Namibiese dollar om 250 hektaar te voltooi, wat […]
Prasa restoureer 266 spoorwegstasies sedert 2021
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het sedert 2021 opknappingswerk aan 266 van 463 gevandaliseerde spoorwegstasies gedoen, na ernstige plundery en skade. Prasa het meer as 38-miljard Suid-Afrikaanse rand ontvang om spoordienste te laat herleef. Volgens woordvoerder Andiswa Makanda is ‘n korridor-vir-korridor-strategie gevolg, wat lyne met ‘n hoë passasiersaanvraag en minimale skade geprioritiseer het. Ten einde pendelaarsveiligheid […]
Israel ontvoer ‘Hezbollah-amptenaar’ uit Libanon
Die Israeliese weermag het in ‘n ongekende operasie wat hulle noem ‘n senior Hezbollah-amptenaar uit noord-Libanon ontvoer. Israeliese kommando’s het aan die kus van Batroun in Noord-Libanon geland, Imad Amhaz gevange geneem en per snelboot ontsnap. ‘n Israeliese militêre amptenaar sê in ‘n verklaring sy magte het ‘n “senior agent van Hezbollah” gevange geneem en […]
Dramatiese oorwinning vir All Blacks oor Engeland
Rugby: Nieu-Seeland het ‘n oorwinning van 24-22 oor Engeland beklink met die vleuel Mark Tele’a wat die deurslaggewende drie gedruk het en Damian McKenzie wat laat met ‘n strafdoel geslaag het om hulle terugvegpoging op Twickenham af te rond. Engeland was met nog 13-minute oor met 22-14 voor, danksy Marcus Smith wat 17 punte bygedra […]
Mbumba wens nuwe Botswana-president geluk
President Nangolo Mbumba het Botswana se nuwe president, Duma Boko, en die Umbrella for Democratic Change-party gelukgewens ná hul verkiesingsoorwinning. Mbumba sê die Batswana verdien lof vir die vreedsame verkiesings. Hy het ook die uittredende president Mokgweetsi Masisi geprys vir die aanvaarding van die verkiesingsuitslag as die wil van die mense, en dat hy hom […]
Otjozondjupa ‘het meer beter paaie nodig’
Die regering en die Padfondsadministrasie het die Windhoek-Okahandja-dubbelsnelweg van 2,8 miljard Namibiese dollar amptelik geopen. Benewens korter reistyd en verbeterde padveiligheid, gee die 71 km-dubbelsnelweg baie meer mense beter toegang tot noodsaaklike dienste soos gesondheidsorg en onderwys. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, het tydens die opening die streek se padveiligheid-uitdagings uiteengesit.
Sosiale media geblok in Mauritius tot na verkiesing
Mauritius het toegang tot sosiale media geblok enkele dae voor die algemene verkiesing, met toenemende spanning oor ‘n afluister-skandaal. Omstredenhede is volop op die eiland sedert geheime opnames van telefoonoproepe deur politici, joernaliste, lede van die burgerlike samelewing en selfs buitelandse diplomate verlede maand aanlyn uitgelek het. Die eerste minister, Pravind Kumar, sê internetdiensverskaffers is […]
Piastri spring voor weg in snelren in Brasilië
Motorsport: Oscar Piastri het die voorste wegspringposisie ingepalm vir die snelren by die Brasiliaanse Grand Prix. Hy sê hy sal jaag om te wen, maar gee toe sy spanmaat Lando Norris het die punte meer nodig. Norris is 47 punte agter die driemalige wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull in die stryd om die kampioenskapstitel, […]
Kommentaartyd verleng vir verbruikersbeskerming konsep-wetsontwerp
Die handelministerie het die Konsep Wetsontwerp op Verbruikersbeskerming gefinaliseer, en verseker dat dit in lyn is met die Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid. Die ministerie lig alle belanghebbendes in dat die sperdatum vir die indien van kommentaar op die konsepwetsontwerp van 25 Oktober tot 25 November verleng is. Die publiek word aangemoedig om kommentaar te lewer op die […]
Groot oplewing in SA motorverkope in Oktober
Laer inflasie en brandstofpryse het bygedra om passasiermotorverkope in Oktober met 14,5-persent te laat styg, vergeleke met Oktober verlede jaar, en hulle beste maand in vyf jaar aan te teken. Die voertuigbedryfsliggaam Naamsa sê 34 228 passasiersmotors is verlede maand verkoop, maar die verkoop van ligte handelsvoertuie is steeds laer. Die verkoopsyfer van bakkies en […]