Drakoniese rookwette op pad in Brittanje

Die Britse regering het planne onthul om rook naby skole, kinderspeelgronde en hospitale in Engeland te verbied. Die komende Wetsontwerp op die Beheer van Elektroniese en ander Tabakprodukte wat aan die Parlement voorgelê word, sal ook enigiemand van 15-jaar-oud en jonger verhoed om sigarette te koop. Die Gesondheidminister, Wes Streeting, het die belangrikheid van hierdie […]

Read More

NamWater werk hard om dienslewering te verbeter

NamWater nooi alle Namibiërs om deel te neem aan sy Eksterne Kliëntetevredenheidsopname. Die opname het ten doel om terugvoer oor dienslewering in te samel en gemeenskapsbetrokkenheid te versterk. Deur hul ervarings te deel, kan kliënte bydra tot die verbetering van toegang tot water, bekostigbaarheid en waterkwaliteit regoor die land. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met […]

Read More

Vervang so jou verlore, gesteelde kieserskaart

Die verkiesing kom al nader met net meer as 1, 467 miljoen kiesers regoor die land en by diplomatieke missies in die buiteland geregistreer is. Maar, daar is toenemende kommer onder burgers oor wat sal gebeur as hulle hul kieserskaarte verloor het. Die kommissie het voorheen prosedures gehad om dit aan te spreek. Kosmos 94.1 […]

Read More

Trump lewer oorwinningstoespraak

Donald Trump se oorwinning is basies in die VSA gewaarborg. Hy het tot dusver volgens CNN 266 van die nodige 270 kieskollege stemme reeds op hom verenig. Trump se pad na die Withuis is oop omdat hy in meeste swaaistate lei en daar is ander deelstate wat hy in elkgeval sou wen. Hy het in […]

Read More

Chaos in Mosambiek

Die ANC vra vir kalmte in Mosambiek te midde van toenemende onrus na die verkiesing en bewerings van bedrog deur die opposisieleier, Venâncio Mondlane. Hy beweer hy het ‘n sluipmoordpoging in Sandton, Johannesburg, oorleef. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, bevestig daar is deurlopend samesprekings met die regerende Frelimo-party in Mosambiek om ʼn vreedsame oplossing te beding. […]

Read More

MotoGP-wedren na Barcelona verskuif

Die seisoen se laaste MotoGP-wedren gaan volgende naweek in Barcelona in Spanje plaasvind nadat dit verskuif is vanuit die vloedgeteisterde oostelike stad Valencia. Die dodetal het reeds tot minstens 217 gestyg en talle mense word nog vermis. Barcelona het vroeër die seisoen die Katalaanse Grand Prix aangebied. Die wedren, wat in eensgesindheid met die gemeenskap […]

Read More

Program vir plaaswerkers wat uitgesit word op hervestigingsplase

Die landbouminister Calle Schlettwein sê die uitsetting van plaaswerkers as gevolg van die hervestigingsproses is ‘n beduidende uitdaging in Namibië se grondhervormingspogings. Die werkers word haweloos gelaat ná die verkryging van plase vir hervestiging maar sal volgens hom nou deur ‘n nuwe program wat gemik is op die ondersteuning van generasie plaaswerkers, geakkommodeer word. Die […]

Read More

Swakop wil oor Desember skoon bly

Die Swakopmund-munisipaliteit het die “Lief vir Swakop? Laat geen rommel”-veldtog geloods. Dit is ‘n skoonmaak-inisiatief wat daarop gemik is om omgewingsverantwoordelikheid tydens die feesseisoen te bevorder, wat tot 31 Desember sal duur. Dit val saam met die dorp se voorbereidings om duisende besoekers vir die somervakansie te verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die […]

Read More

Stad Windhoek is tegnies bankrot

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê Stad Windhoek is kommersieel bankrot met laste wat bates ver oorskry. Teen Junie 2023 het die Stad laste gehad van 1,8 miljard Namibiese dollar met bates van 1,1 miljard dollar. Daar is ook operasionele uitdagings en volgens Kandjeke is dit twyfelagtig of die Stad sy toekomstige diensvlakke sal kan handhaaf. […]

Read More

Trump vat tweede swaaistaat, loop ver voor

Die Republikeinse kandidaat Donald Trump het pas sy tweede van sewe swaaistate ingepalm volgens CNN. Noord Carolina en Georgia is nou in sy hande wat hom 246 kieskollege-stemme gee teenoor Demokraat Kamala Harris se 187. Daar is nog vyf swaaistate oor en CNN sê dit is te vroeg om enige voorspellings vir ‘n oorwinning te […]

Read More