Outa sê ‘nee’ vir Eskom se 66% verhogings

Die Organisasie teen Belastingmisbruik is gekant teen Eskom se voorgestelde elektrisiteitsprysverhoging van 66-persent oor drie jaar en beskou dit as onbekostigbaar en tot nadeel van die ekonomie. Hulle vra die kragvoorsiener om daarop te fokus om uitgawes te besnoei asook die verbetering van doeltreffendheid en om hom toe te spits op skoon energie. Outa-woordvoerder, Stefanie […]

Read More

Sabalenka vroue-tennis se nuwe Nr. 1

Tennis: Aryna Sabalenka van Belarus is die eerste keer in haar loopbaan die wêreld se nommer een op die jaareind-puntelys. Die heersende kampioen van die Australiese en Amerikaanse Ope is die 16de vrou in WTA-geskiedenis om ʼn jaar as nommer een af te sluit. Hierdie prestasie is bevestig nadat die Amerikaner Coco Gauff die verdedigende […]

Read More

KI moet skoolkurrikulum betree

Kunsmatige intelligensie en die werkplek is reeds ‘n geruime tyd in die nuus en dit raak amper alle loopbane. Namibië is nie van hierdie nuwe wenteling uitgesluit nie en daar is beroepe dat nie net jongmense nie, maar die hele onderwysstelsel sal moet aanpas by die tegnologie. Eben Basson, Old Mutual se hoof van data […]

Read More

Intimidasie deur Mpumalanga-taxi’s veroordeel

Die VF Plus het intimidasie deur minibustaxiverenigings in Mpumalanga veroordeel. Hulle dring aan op onmiddellike optrede teen hierdie gedrag, nadat video’s op sosiale media waarin beweerde sekerheidspersoneel bestuurders dreig, hulle van die pad af dwing en onwettig beboet. Die VF Plus-lid, Werner Weber, het die owerhede se gebrek aan optrede gekritiseer en beloof om die […]

Read More

Betogings na Bibi Gallant afdank

Betogings het buite die ampswoning van Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, uitgebreek nadat hy die minister van Verdediging, Yoav Gallant, afgedank het. Netanyahu sê hy het vertroue in Gallant verloor weens die bestuur van die oorloë in Gaza en Libanon. Gallant sê hy is oor drie dinge afgedank naamlik die kwessie van ultra-Ortodokse militêre […]

Read More

ATP-eindtoernooi se prysgeld staan op N$265m

Die seisoen se agt beste mans-enkelspelers en dubbelspare gaan meeding om algehele prysgeld van 265 miljoen Namibiese dollar in die ATP-eindtoernooi wat Sondag in Turyn, Italië, begin. Die enkelspel-kampioen sal 85 miljoen dollar wen as hy die toernooi onoorwonne afsluit, en 39 miljoen dollar as hy ‘n wedstryd verloor het op pad na die eindstryd. […]

Read More

Skaak vir kanker

Die “Let’s Checkmate Cancer” korporatiewe skaakspan uitdaging is ‘n liefdadigheidsgeleentheid wat op 9 November by die Windhoek Gimnasium Klubhuis plaasvind. Korporatiewe spanne word genooi om aan ‘n skaaktoernooi deel te neem, met ‘n registrasiefooi van 5 000 Namibiese dollar per span. Alle opbrengste gaan vir die ondersteuning van kankernavorsing en behandelingspogings. Die geleentheid word deur […]

Read More

Reaksie op 137 500 huishoudings wat staatmaak op pensioentoelaag

Die Namibië Statistiek Agentskap rapporteer in die hoof-sensusverslag dat 18,1 persent van die bevolking staatmaak op geld van pensionarisse. Dit is 3 persent minder as wat in 2011 aangeteken is. Die sensus het ook gevind dat daar 756 339 huishoudings in die land is wat beteken net meer as 137 500 huishoudings maak staat op […]

Read More

Ons moet N$4,6 miljard by leen vir begroting

Die Namibiese regering beplan om tussen November en Maart volgende jaar 4,6 miljard Namibiese dollar te leen om sy begrotingsverpligtinge huidige boekjaar te dek. Dit sal help om die hersiene begrotingstekort aan te spreek, met totale staatsbesteding wat op 106,1 miljard dollar geprojekteer is, teenoor inkomste van 92,1 miljard dollar. Die aanvanklike begroting het 12,8 […]

Read More

Ekonome verwelkom Trump-presidensie

Met Donald Trump wat basies reeds die presidentsverkiesing gewen het sowel as die Republikeine wat die Senaat weer verower het, is die pad oop vir die party om sy beleid onverhinderd toe te pas. Wat beteken dit in werklikheid? Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gepraat. Die nuus is goed.

Read More