Ietermagô-stropery neem toe in Suider-Afrika

Die meeste gevalle van Ietermagô-stropery is verlede jaar in die twee Kavango-distrikte aangemeld, met nege gedokumenteerde gevalle. Ses voorvalle is in Kavango-Wes aangemeld en drie in Kavango-Oos. Verder is drie gevalle in elk van die Ohangwena-, Oshana- en Zambezi-streke aangeteken, en vier gevalle is in die Sentrale streke as geheel aangemeld. In die Kunene-streek is […]

Read More

Cyril sê SA sal aanhou veg teen klimaatsverandering

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa sê Afrika-leiers vra lank reeds vir dringende en praktiese optrede teen klimaatsverandering omdat die vasteland kwesbaar is daarvoor. Klimaatsverandering is by die Afrika-unie se beraad in Ethiopië bespreek. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika het ʼn klimaatsverandering-reaksiefonds gestig wat alle regeringsvlakke en die privaat sektor byeen bring. Hy sê […]

Read More

Netanyahu uitdagend oor moontlike Rafah-aanval

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê diegene wat teen ‘n Rafah-offensief gekant is, sê eintlik vir Israel om die oorlog teen Hamas te verloor. Verskeie lande, insluitend Amerika en Brittanje, het Netanyahu gewaarsku om nie soldate na Rafah te stuur nie, veral oor die kommer oor burgerlikes wat daar skuil. Netanyahu sê hy verwerp […]

Read More

Kabeldiefstal ‘n groot finansiële las op Tshwane

Die Stad Tshwane sê kabeldiefstal en die vernietiging van die metro se eiendom het ʼn groot las geword. Verlede Maandag is skade van sowat 250 000 Suid-Afrikaanse rand aangerig by die Temba-watersuiweringsaanleg in Hammanskraal toe kabeldiefstal en die beskadiging van panele voorgekom het. Woensdag is nog ʼn voorval aangemeld. Die burgemeester Cilliers Brink sê kabeldiefstal […]

Read More

Mbumba vertel roerend van Geingob se laaste oomblikke

President Nangolo Mbumba en speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het in ‘n ekslusiewe onderhoud met die nasionale uitsaaier oor hul vriendskap met wyle president Hage Geingob gepraat. Dit kom voor Geingob se amptelike gedenkdiens Saterdag en sy staatsbegrafnis Sondag. Mbumba het roerend vertel van Geingob se laaste oomblikke, waar hy teenwoordig was.

Read More

Stad Johannesburg moet energiekrisis-oplossing voorrang gee

ActionSA in Johannesburg sê die oplossing van die energiekrisis in die stad en ‘n einde aan beurtkrag moet voorrang kry. Die stad het ‘n 20-jaar-plan met onafhanklike kragprodusente goedgekeur, wat gemik is op die vermindering van die impak van beurtkrag op sy kliënte en sakeondernemings. Mpumi Edward van ActionSA sê dis noodsaaklik om die energiekrisis […]

Read More

Israel se besetting van Palestina voor Internasionale Geregshof

Die hoogste hof van die Verenigde Nasies het met verhore begin oor die regsgevolge van Israel se besetting van die Palestynse gebiede sedert 1967. ‘n Ongekende 52 lande sal na verwagting getuig. Namibië se verklaring sal op 23 Februarie deur die justisie-minister, Yvonne Dausab, gelewer word. Ander lande, wat Amerika, Rusland en China insluit, sal […]

Read More

F1 vra Red Bull om Horner-ondersoek vinnig af te handel

Motorsport: Formule Een het Red Bull versoek om die ondersoek na die spanhoof, Christian Horner, so gou moontlik af te handel. Horner word ondersoek nadat ‘n kollega hom beskuldig het van onvanpaste gedrag. Die 50-jarige het die bewerings ten sterkste ontken. F1 sê hy hoop die saak sal so gou moontlik uitgeklaar word, deur middel […]

Read More

Jagluiperd-bewaringsfonds lei nou gemengde-ras honde op

Die Jagluiperd-bewaringsfonds is in 1990 in Namibië gestig en is toegewyd daaraan om die jagluiperd in die natuur te red. Een van die programme waaraan hulle werk, is saam met boere om te kyk of hulle gemengde-ras honde net so goed kan laat werk as Anatoliese skaaphonde, aangesien hulle kleiner is en dus goedkoper om […]

Read More

Go-kart renjaers vaar goed by Open Africa Cup kampioenskap

Die eerste been van die Open Africa Cup go-kart kampioenskap het oor die naweek in Johannesburg plaasgevind. Vier Namibiese jaers, Cecil Koortze junior, JP du Plooy, Darius Kotze en Khristopher Koudelka het gejaag, en goed gevaar ten spyte van die versengende hitte. Vyftien lande het aan die kampioenskap deelgeneem. Namibië sal later vanjaar een van […]

Read More