Buitelandse studente gewaarsku om te swot en nie te werk nie

Buitelandse studente wat in Namibië wil studeer moet teen 29 Februarie al hulle aansoeke indien. Die ministerie van binnelandse sake sê studente is gewaarsku om geen deeltydse werk tydens hulle studies te doen nie. Volgens woordvoerder Margaret Kalo is daar gevalle waar studente permitte bekom maar nie klasse bywoon nie en eerder werk. Sou studente […]

Read More

EIF se samewerking met Nasria sal inligting, stelsels en vaardighede bevorder

Die Omgewings-beleggingsfonds van Namibië en die Namibiese Spesiale Risiko-versekeringsvereniging het ‘n ooreenkoms van samewerking onderteken om klimaatsverandering-verwante versekeringsprodukte te verbeter. Die fonds se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, Lot Ndamanomhata, sê hierdie samewerking het ten doel om klimaatsuitdagings aan te pak terwyl samewerking deur gedeelde inligting, vaardighede en vernuwende stelsels te bevorder:

Read More

Den Haag hoor van Israel se menseregte vergrype

Die Palestynse minister van Buitelandse Sake, Riyad al-Maliki, sê die volksmoord in Gaza is die gevolg van dekades se straffeloosheid en gebrek aan optrede. Die Internasionale Geregshof het die week begin met verhore oor die regsgevolge van Israel se besetting van Palestynse gebiede sedert 1967. ʼn Ongekende 52 lande sal na verwagting getuig. ʼn Prokureur […]

Read More

Taai groep vir die Blitsbokke die naweek

Die Blitsbokke is in dieselfde groep as die All Blacks, Groot Brittanje en Ierland in die naweek se wêreldreeks-sewestoernooi in Vancouver, Kanada. Suid-Afrika is tans vierde op die punteleer nadat hulle die eerste toernooi in Dubai gewen het, maar nie baie goed gevaar het in Kaapstad en Perth nie. Argentinië is bo-aan die punteleer nadat […]

Read More

Winde beloof dat Wes-Kaap sonder beurtkrag sal wees

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê beurtkrag plaas steeds ʼn ernstige demper op die provinsie se ekonomiese groei, vererger werkloosheid en raak inwoners se veiligheid en waardigheid. Hy het in die Paarl sy provinsiale rede gelewer. Winde sê die provinsie het sedert beurtkrag begin het, tussen 48,6 miljard Suid-Afrikaanse rand en 61,2 miljard rand verloor. […]

Read More

Moratorium op brandstof-lisensies bly geldig

Die moratorium op handellisensies in brandstof, beide groot- en kleinhandel, bly in plek. Die lynminister, Tom Alweendo, sê verkoopsvolumes bly redelik stabiel maar daar is meer spelers in die mark wat op sy beurt hulle winsmarge verminder.

Read More

Posbank staak einde Maart betalings van toelaes

Die Posbank gaan einde volgende maand kontantuitbetalingspunte vir maatskaplike toelaes by die Poskantoor staak. Hy faseer punte uit wat diens verskaf aan minder as 50 begunstigdes. Ontvangers kan nou onttrek via die Nasionale Betaalstelselkanale soos kitsbanke en kleinhandelaars soos Shoprite. Die Poskantoor sal steeds kontantlose dienste aanbied. Die Posbank se woordvoerder, Bongani Diako, lê klem […]

Read More

Amerika lê skietstilstand-plan by VN voor

Amerika het in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad ʼn konsepresolusie voorgestel vir ʼn tydelike skietstilstand in Gaza, en dat Israel nie voortgaan met ʼn beplande aanval in Rafah nie. Die konsepresolusie wat die Biden-administrasie voorstel, is ʼn alternatief vir dié van Algerië waarin ʼn onmiddellike humanitêre skietstilstand gevra word. Amerika waarsku teen die gevolge van […]

Read More

Verstappen sien uit na nuwe F1-seisoen

Die nuwe Formule Een-seisoen kom môre in Bahrein aan die gang, waar die motors tot Vrydag getoets sal word. Red Bull het die vorige seisoen oorheers, met die Nederlandse jaer Max Verstappen wat maklik sy derde agtereenvolgende bestuurderskampioenskap ingepalm het. Hy het ‘n rekord 19 uit 22 wedrenne gewen, en sy span het weggestap met […]

Read More

Veediefstal bly in die nuus, uitdaging duur voort

Veediefstal, veral op klein skaal uit boere se krale en weikampe, kry net nie end nie. Oor die naweek is twee gevalle aangemeld, een in die Kamanjab-distrik en die ander in die Stampriet-distrik. Twee skape met ‘n gesamentlike waarde van 2 500 Namibiese dollar is geslag. In albei gevalle is die karkasse teruggekry en die […]

Read More