Alweendo stel Nasionale Energieraad aan

Die energie-minister, Tom Alweendo, het ‘n Nasionale Energieraad van agt lede aangestel. Die raadstermyn is vir drie jaar, effektief 1 Februarie vanjaar tot 31 Maart 2027. Die raad se primêre pligte sal wees om die minister te adviseer oor alle aspekte van die Nasionale Energiefonds. Dit sal ook aanbevelings doen oor wysigings van die Wet […]

Read More

EFF in Gauteng sê Lesufi lieg vir die provinsie

Die EFF in Gauteng het premier Panyaza Lesufi se provinsiale rede verwerp. Die party sê Lesufi gaan voort om vir die mense van Gauteng te lieg. Die party voer aan Lesufi het in sy vorige toespraak beloof dat e-tol iets van die verlede sal wees. Naledi Chirwa-Mpungose van die EFF sê Lesufi het geen vermoë […]

Read More

Privaat tronke in SA ‘vermorsing van belastingbetalers-geld’

Die ondersoekende regter vir Korrektiewe Dienste sê Suid-Afrika se privaat tronke is skouspelagtige mislukkings en ’n vermorsing van belastingbetalers-geld. Regter Edwin Cameron sê Thabo Bester sou gesukkel het om uit ‘n gewone tronk van Korrektiewe Dienste te ontsnap. eNCA berig Cameron het Bester se ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein onthul toe hy ’n […]

Read More

Vekic verslaan Sabalenka in Dubai

Tennis: Die wêreld-nommer-31, Donna Vekic van Kroasië, het die tweede gekeurde Aryna (Arina) Sabalenka van Belarus in die ronde van 32 uitgeskakel op die Dubaise Ope in die Verenigde Arabiese Emirate. Die dubbele Australiese Ope-kampioen het die eerste stel gewen, maar Vekic het ratte verwissel en toe die volgende twee ingepalm vir ‘n plek in […]

Read More

NV in reses om te rou

Die Nasionale Vergadering is hierdie week op reses om parlementslede tyd te gee om roudienste vir wyle president Hage Geingob by te woon en na behore te treur. Die parlement het op 6 Februarie begin en sal weer op Dinsdag, 27 Februarie hervat. Sakeus Kadhikwa, die parlement se skakelbeampte, gee meer besonderhede.

Read More

Onder-21 netbalspan se afrigter tevrede met spelersvlak

Die hoofafrigter van die nasionale onder-21 netbalspan, Jones Musambani, sê hy is tevrede met die vlak van die spelers wat gekies is om aan die Netbal Wêreld-jeugbeker-uitdunne in Pretoria deel te neem. Die span sal volgende maand na Suid-Afrika vertrek vir ‘n twee-weke oefenkamp voor die toernooi. Die Wêreld-jeugbeker is geskeduleer om tussen 19 en […]

Read More

Weermag lei Vrydag amptelike militêre optog deur Windhoek

Die Namibiese Weermag sal Vrydag ‘n amptelike militêre optog met die oorskot van wyle president Hage Geingob deur die Stad Windhoek lei. Die presiese roetes sal môre bekend gemaak word. Inligting-minister Emma Theofelus het by die daaglikse routyd-inligtingsessie gesê die plasings wat op sosiale media sirkuleer oor 600 soldate van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat in […]

Read More

Politici moenie vir die masses jok: Kamwi

Terwyl hy sy hoop vestig op jeug-kiesers en jong politici om op te ruk en by vanjaar se verkiesings getel te word, raai voormalige kabinetsminister dr. Richard Kamwi politieke partye aan om eerlike veldtogte te voer eerder as om vir die massas te lieg. Hy spreek verder sy ontevredenheid uit oor sekere parlementariërs wat nie […]

Read More

Landbou-ministerie besig met 39 boorgate in Oshikoto-streek

Die landbou-ministerie gaan voor die einde van Maart 39 boorgate in die Okankolo-, Eengodi- en Nehale Lyampingana-kiesafdelings van die Oshikoto-streek installeer. Die ministerie se hoof van landelike watervoorsiening, Stevenson Tuukondjele, sê dit is om watertekorte in die gebiede te help verlig. Die ministerie het reeds tenders aan kontrakteurs toegestaan wat begin het om boorgate te […]

Read More

Erongo-streekraad betig oor beplanning, koördinasie

Die voorsitter van die Erongo-streekraad se bestuurskomitee, Benita Imbamba, spreek kommer uit oor die gebrek aan koördinasie en kommunikasie binne die raad. Volgens Imbamba is sommige raadslede steeds in silo’s bedrywig, selfs oor sake wat dalk dringende aandag en lewering vereis. Imbamba moedig ook raadslede aan om aktiwiteite in hul kiesafdelings en die moontlike finansiële […]

Read More