Ramaphosa sal vergader oor gereedheid vir verkiesings

President Cyril Ramaphosa het bevestig dat die nasionale en provinsiale verkiesing op 29 Mei vanjaar sal plaasvind. Die president sê hy het die datum met die Onafhanklike Verkiesingskommissie bespreek. Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het ook ‘n vergadering met al nege provinsiale premiers en die OVK belê om die stand van gereedheid vir die […]

Read More

Sensus sluit af, geen veldwerkers sal verder besoek aflê nie

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die suksesvolle voltooiing van die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus-veldwerk aangekondig, wat begin het met die insameling van sensusdata op 18 September verlede jaar. Dit is afgesluit met veldbesoeke vir die sogenaamde “post enumeration survey”, genaamd die versoeningsoperasie, op 14 Februarie vanjaar. Die agentskap se skakelbeampte , Mirjam Shihepo, sê geen sensusveldwerkers […]

Read More

Onderwys in KZN val uitmekaar uit – DA

Die DA in KwaZulu-Natal sê die wurggreep van vakbonde in die provinsie se ANC-beheerde onderwys-departement het ongetwyfeld gelei tot die agteruitgang van gehalte-onderwys. Die party sê bewyse van die vakbond se steun vir ‘n onbevoegde regering is ook duidelik te sien met Sadou-voertuie wat met ANC-embleme versier is. Die DA-lid, Imran Keeka, sê onderwysers kan […]

Read More

Franse regering het kommer oor geweld in DRK

Frankryk sê hy is “baie bekommerd” oor die situasie in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo, en doen ‘n beroep op Rwanda om sy steun aan die M23-rebellegroep wat onlangs sy offensief verskerp het, te staak. Rwanda ontken dat hy die M23 ondersteun, hoewel die Verenigde State, die Kongo en ‘n groep […]

Read More

VSA vra tydelike wapenstilstand in Gaza

Amerika het ‘n konsepresolusie aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad voorgestel wat ‘n tydelike wapenstilstand in die Israel-Hamas-oorlog vra. Dit staan ook ‘n groot grondoffensief deur sy bondgenoot Israel in Rafah teen, volgens die teks wat deur Reuters gesien is. Die stap kom nadat Amerika te kenne gegee het dat hulle ‘n Algeryns-opgestelde resolusie, wat […]

Read More

Beesboere kan juig oor onderskrywing deur wêreldorganisasie

Die Namibiese vleissektor, wat wêreldwyd geprys word vir sy premium gesondheidstandaarde en superioriteit, het weereens ‘n massiewe hupstoot gekry nadat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid die land se status as ‘n beestuberkulosevrye sone onderskryf het. Namibië het onlangs sy selfverklaarde status van geen beestuberkulose deur die veeartsenydienste-direktoraat aan die organisasie voorgelê vir ondersoek en moontlike onderskrywing […]

Read More

Israel straffeloos oor menseregteskendings: SA ambassadeur

Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Vusimuzi Madonsela, het kommer uitgespreek oor Israel se voortdurende besetting van Palestina aan die Wesoewer, Oos-Jerusalem en die Gazastrook, wat reeds meer as 50 jaar duur. Die Internasionale Geregshof in Den Haag hoor tans Suid-Afrika, en verskeie ander lande, se betoë aan teen Israel se besetting. Madonsela het die hof […]

Read More

ATM vra minister se onttrekking van loterylisensie-proses

Die African Transformation Movement het die buurland se handel-minister, Ebrahim Patel, versoek om te onttrek aan die besluitnemingsproses vir die nuwe loterylisensie-tender om integriteit te handhaaf. Dit volg nadat ‘n verklikker kommer geopper het oor potensiële belangebotsings waarby Hosken Consolidated Investments en Ithuba betrokke is, sowel as die minister se verbintenis met Hosken se uitvoerende […]

Read More

Assange-saak ‘aanval op alle joernaliste’

WikiLeaks-stigter Julian Assange is deur Amerika geteiken oor sy blootstelling van staats-vlak misdade, en Donald Trump het opsies gevra oor hoe om hom te hanteer, sê sy prokureurs terwyl hulle veg om sy uitlewering uit Brittanje te keer. Amerikaanse aanklaers poog om Assange te verhoor op 18 aanklagte wat verband hou met WikiLeaks se hoëprofiel-vrystelling […]

Read More

Inligting- en kommunikasietegnologie-beleid word verfyn

Die regering is besig om die 2009 inligting- en kommunikasietegnologie-beleid te hersien en dit te konsolideer in ‘n nasionale beleid. Tegniese bystand is van die Internasionale Telekommunikasie-unie verkry en vergaderings is met belanghebbendes gehou, wat uitgeloop het op ‘n konsep-nasionale IKT-beleid. Die kommunikasietegnologie-ministerie beplan om ‘n werkswinkel by die Kubata City Hotel in Windhoek aan […]

Read More