Vier rolprente, een vir elke Beatle

Die Oscar-bekroonde regisseur, Sam Mendes, beplan om vier afsonderlike rolprente uit elke lid van die Beatles se oogpunt te maak. Paul McCartney, Ringo Starr en die families van wyle John Lennon en George Harrison het toestemming gegee vir die volle lewensverhaal en die musiekregte vir die rolprente. Mendes sê hy is geëerd om die storie […]

Read More

Oshikoto kry 39 boorgate

In ‘n poging om ernstige watertekorte in die Oshikoto-streek te verlig, gaan daar voor die einde van Maart 39 boorgate deur die landbou-ministerie in verskeie kiesafdelings geïnstalleer word. Tenders is reeds aan kontrakteurs toegestaan wat begin het om boorgate te boor en te installeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Nghipandulwa, die landbou-ministerie se woordvoerder, […]

Read More

Zuma se Downer/Maughan-saak misluk weer

Die Konstitusionele Hof het eenparig geweier om oudpresident Jacob Zuma se appèl aan te hoor, oor die ongeldigverklaring van sy private vervolging teen die staatsadvokaat, Billy Downer, en die News24-joernalis, Karyn Maughan. Zuma se aansoek, wat die Appèlhof se verwerping van sy vervolgingstrategie wou betwis, is van die hand gewys. Dié besluit kan ‘n beduidende […]

Read More

Rusland lewer sy beloofde graan in Afrika af

Rusland se minister van landbou, Dmitri Patrushev, sê Moskou het sy inisiatief voltooi om 200 000 metrieke ton gratis graan na ses Afrikalande te verskeep, soos president Vladimir Putin in Julie belowe het. Rusland het 50 000 ton elk na Somalië en die Sentraal-Afrikaanse Republiek verskeep en 25 000 ton elk na Mali, Burkina Faso, Zimbabwe […]

Read More

Kansas-skietery was ‘n stryery

Twee mans is aangekla van moord in verband met ‘n skietery ná die Kansas City Chiefs se Super Bowl-oorwinningsparade verlede week. ’n Vrou wat uitgeken is as Lisa Lopez Galvan is dood en nóg 22 mense is gewond in die skietery in Kansas City, Missouri. Die aanklaer in Jackson, Jean Peters Baker, sê die verdagtes, […]

Read More

Windhoek struikel met waterbesparings

Windhoekers het weer nie daarin geslaag om waterbesparingsteikens te behaal nie. Die teiken van ‘n 10 persent besparing is oorskry met 11 persent tussen 6 en 12 Februarie. Met die sentrale damme wat bronne van 21 persent het, maak die hoofstad reeds staat op sy boorgate, herwinning en die akwifer. Die stad blyk om te […]

Read More

DA reageer op verkiesingsdatum

Die DA sê die aankondiging van die verkiesingsdatum begin die aftel na ʼn geskiedkundige oomblik waar Suid-Afrika geleentheid kry om homself te red van 30 jaar se ANC-mislukking, -korrupsie en -staatskaping. President Cyril Ramaphosa het amptelik aangekondig dat die algemene verkiesing op 29 Mei sal plaasvind. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê hierdie verkiesing is ʼn […]

Read More

VN trek sy neus op vir Rwanda-asielplan

Die Verenigde Nasies het Brittanje se wetgewing gekritiseer waarkragtens asielsoekers na Rwanda gestuur word, en sê dit is ‘n skending van menseregte. Die Veiligheid-van-Rwanda-wetsontwerp van verlede jaar sal ‘n uitspraak van die hof omseil wat sulke deportasies as onwettig verklaar het. Kragtens die wetsontwerp kan Britse regters Rwanda as ‘n veilige derde land beskou. Die […]

Read More

Spesiale OYO-vertoning op pad

Die OYO-dansgroep bied REMEMBERING volgende week Woensdag aan. Grepe uit Remembering Johnny, ‘n huldeblyk aan Johnny Hallyday en ‘n picassiana-dans, ‘n huldeblyk aan Pablo Picasso, sal opgevoer word. Kosmos 94.1 Nuus het met regisseur Phillipe Talavera gesels…

Read More

Metcalfe sê Uumati is nie geskors nie, punt

Meer inligting is bekom oor die poging deur Oceana Group Limited om Martha Uumati, die uitvoerende hoof van Erongo Marine Enterprises, te skors. Erongo Marine is ‘n filiaal van Oceana. Volgens plaaslike media is Uumati geskors nadat sy nie ‘n vergadering in Kaapstad by Oceana se kantore bygewoon het nie. Uumati het Oceana met ‘n […]

Read More