Eerste Covid-verslag in lang tyd, uitgestuur

Daar is vandag vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n situasieverslag van Covid-19 ontvang, alhoewel dit gedateer is vir 11 Februarie. Die syfers dui vier aktiewe gevalle aan waarvan twee in Khomas is met een elk in Hardap en Oshikoto. Intussen blyk dit dat Oshikoto baie groter uitdagings as Covid het met 256 […]

Read More

Whk Gymnasium maak ommekeer, skool sal Vrydag sluit

Windhoek Gymnasium, deel van die Curro-groep, het in ‘n verklaring gesê dat hulle sal Vrydag skool sal hê, in weerwil van ‘n opdrag deur die onderwysministerie dat die dag as amptelik skoolvakansiedag verklaar is. Dit is vinnig omgekeer na die ministerie kontak met die skool gemaak het. Colette Rieckert, uitvoerende direkteur van die Curro-groep van […]

Read More

Geen misdaad sal in eThekwini-munisipaliteit toegelaat word nie

eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê hulle is vasbeslote om enige vorm van misdaad in die munisipaliteit uit te roei en gaan geen verdraagsaamheid toon nie. ʼn Munisipale werker is in hegtenis geneem nadat hy betrap is dat hy kabels wat pas opgegradeer is, beskadig het. Die kabels bedien kringtelevisiekameras. Die hoof van rampbestuur en […]

Read More

SA-Begroting: Rand behoort okei te wees

Alle oë is op die Suid-Afrikaanse rand met die begroting wat vanmiddag in die buurland ter tafel gelê word. Die geldeenheid het effe versterk maar verhandel steeds uiters swak, teen 18,90, teen die Amerikaanse geldeenheid. Ekonoom Salomo Hei sê hy verwag nie dat die mark te senuagtig sal wees nie. Hy verduidelik.

Read More

Zim-polisie verwyder plakkers van hervestigingsgrond

Twintig jaar ná ’n rampspoedige poging tot grondhervorming, wat meer as 400 wit kommersiële boere verdryf het, baklei die Zimbabwiese regering nou met onwettige plakkers op staatsgrond wat deur tradisionele leiers, grondbaronne en korrupte regeringsamptenare uitgedeel word. Sedert 10 Januarie word ‘n regeringsoperasie in die verband uitgevoer. Volgens die polisie is tot dusver 3 775 […]

Read More

FBI-informant het oor Biden gelieg

Die Amerikaanse Departement van Justisie sê ʼn gewese FBI-informant wat beskuldig word dat hy gelieg het oor president Joe Biden, sy seun Hunter en ʼn Oekraïnse energiemaatskappy, het kontak gehad met amptenare wat met Russiese intelligensie verbind word. Alexander Smirnov word aangekla dat hy in Junie 2020 vals bewerings teenoor die FBI gemaak het dat […]

Read More

Springbok-vroue wil beter doen by sewesreeks

Die Springbok-vrouesewes wil by die Wêreldreeks onder die top-agt eindig om hulle kern-status vir volgende seisoen te bevestig. Hulle het in die eerste deel van die reeks een wedstryd in Dubai gewen, niks in Kaapstad nie en twee verlede maand in Perth. Suid-Afrika is die naweek in Vancouver in dieselfde groep as Ierland, Nieu-Seeland en […]

Read More

Matrasse, stoele, lessenaars ten duurste aangekoop

Die onderwysministerie het sy besluit verdedig om matrasse vir koshuise wat ’n gemiddeld van 2 200 Namibiese dollar elk kos, aan te koop. ’n Skool in Kavango-Wes het op sy beurt stoele vir ’n gemiddeld van 1 200 dollar per stoel ontvang, terwyl die lessenaars 1 500 dollar elk kos. Die herrie het losgebars nadat […]

Read More

Verkiesingsdatum bring momentum – VF+

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die bevestiging van die verkiesingsdatum en sê dit bring meer sekerheid vir politieke partye en kiesers. Suid-Afrikaners gaan vanjaar op 29 Mei na die stembus. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê hierdie sekerheid sal die momentum onder politieke partye, organisasies en die publiek ʼn hupstoot gee vir die […]

Read More

Haley sê sy buig nie vir Trump nie

Die voormalige VN-ambassadeur vir die VSA en moontlike Republikeinse presidensiële kandidaat, Nikki Haley, sê sy is nie bang vir Donald Trump nie. ‘n Moontlike tameletjie vir Trump is dat sy weier om uit te tree wat sy finale nominasie blokkeer.

Read More