Toergids wat tragies verdink het se naam nou bekend

Die naam van die toergids wat tragies in ‘n fratsongeluk buite Sandwich-hawe verdrink het, is bekend gemaak. Die oorledene is die 53-jarige Sem Wratten, van Wild Cherries Adventures toermaatskappy in Walvisbaai. Hy het Vrydag-oggend ‘n groep van 6 toeriste na Sandwich-hawe geneem. Wratten was alleen in sy viertrek-voertuig toe die bakkie teen die duine afgerol […]

Read More

Creecy sê Klimaatreaksiefonds sal nie besteel word nie

Suid-Afrika se omgewing-minister, Barbara Creecy, het die belangrikheid beklemtoon van die Klimaatreaksiefonds as ‘n deurslaggewende maatreël om die gevolge van klimaatsverwante katastrofes te hanteer. Sy het die Presidensiële Klimaatskommissie toegespreek en die versekering gegee die fonds sal nie besteel word nie, maar sal dien as ‘n meganisme om geld in te samel om infrastruktuur te […]

Read More

Minstens 15 dood in brand in Nanjing, China

Plaaslike owerhede sê minstens 15 mense is gister dood en 44 beseer in ‘n brand in ‘n residensiële gebou in Nanjing in die ooste van China. Die gebou is in die Yuhuatai-distrik van Nanjing, ‘n stad met meer as agt-miljoen inwoners, sowat 260km noordwes van Shanghai. AFP berig brande en ander dodelike ongelukke kom algemeen […]

Read More

Vervoer-vakbonde kla oor saamrydienste

Die Namibië Transport en Taxi-vakbond en die Namibië Bus- en Taxi-vereniging, oftewel Nabta, verskerp pogings om die bedrywighede van saamrydienste soos Yango en Indrive in die land te verbied. Hulle voer aan dat hierdie dienste nie onderhewig is aan dieselfde regulasies as tradisionele taxi’s nie, en dat dit die saamrydienste ‘n onregverdige voordeel gee. Nabta […]

Read More

Johannesburgse Dieretuin vier 120ste verjaardag

Die Johannesburgse Dieretuin bied toegang teen ‘n spesiale tarief van 20-rand per persoon vir die hele Maart ter viering van sy 120ste verjaarsdag. Die dieretuin het nou meer as twee-duisend spesies en sê hy het ‘n lang pad gekom vandat hy in 1904 tot stand gekom het met slegs vyf diere in hokke. Hierdie aanbod […]

Read More

Oekraïne moet verdedig met Russiese oorlog wat derde jaar betree

Oekraïne gedenk vandag twee jaar sedert die Russiese inval en betree ‘n nuwe jaar van oorlog, verswak deur ‘n gebrek aan Westerse steun. Toe Rusland op 24 Februarie 2022 ‘n “spesiale militêre operasie” aangekondig het, het talle binne dae ‘n oorwinning vir Moskou verwag, maar Oekraïne het teruggeveg en Rusland gedwing om terug te val. […]

Read More

Blitsbokke wen en verloor in Vancouver

Rugby: Die Blitsbokke het hulle toernooi in Vancouver goed afgeskop toe hulle Nieu-Seeland vroeg vanoggend, Namibiese tyd, met 21-12 geklop het. Kaptein Selvyn Davids het die eerste drie gedruk in die span se kragmeting in Groep C, en kort voor rustyd het hy weer oorgeduik. Tristan Leyds het die span se derde drie aangeteken. Die […]

Read More

Alkohol-verkope Sondag ten strengste verbied

Namibiërs is in ‘n routydperk hierdie naweek vir wyle president Hage Geingob se roudiens en staatsbegrafnis. In die lig hiervan is die verkoop van alkohol Sondag ten strengste verbied. Die polisiewoordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het ‘n duidelike opdrag uitgereik dat alle drankwinkels gesluit moet bly. Drankwinkels kan vandag bedryf word, maar moet streng voldoen aan […]

Read More

Rooisee-skeepsvertragings beïnvloed oliemarkte

Onlangse skeepsvertragings in die Rooisee en besnoeiings aan OPUL+ se voorrade het ru-oliemarkstrukture in Europa en Afrika, en die Brent-ruoliemark, beïnvloed. Die data-verskaffer LSEG verwag dit sal toekomstige oliepryse raak, en moontlik energie-, vervoer- en vervaardigingskoste opstoot. Dit kan ook onlangse wêreldwye inflasie-afname teenwerk met groot sentrale banke was voorberei om rentekoerse te sny. Die […]

Read More

Ruimtetuig lê op sy voorkant op maan na dramatiese landing

Die eerste Amerikaanse ruimtetuig op die maan sedert Apollo het waarskynlik voorkant-eerste die grond getref nadat dit met ‘n rots gebots het in ‘n dramatiese landing. Die maatskappy wat Odysseus gebou het sê dit het naby die maan se suidpool geland na ‘n spannende daling waartydens die spanne tuis na ‘n rugsteun-rigtingstelsel moes omskakel. Dit […]

Read More