Afvaardiging van Israel gaan na Katar vir gyselaarsamesprekings

Israel se oorlogskabinet het die stuur van onderhandelaars na Katar goedgekeur om samesprekings voort te sit gemik op ‘n skietstaking in die oorlog teen Hamas, en die terugkeer van gyselaars wat in Gaza aangehou word. Die samesprekings het in Parys begin, met onderhandelaars van Amerika, Egipte en Katar. Israel sê dit sal nie noodwendig uitloop […]

Read More

Staatsbegrafnis belangrikste gebeurtenis sedert onafhanklikheid

Namibië hou sy asem op vir die belangrikste nasionale gebeurtenis sedert onafhanklikheid in 1990. Wyle president Hage Geingob word vanoggend met ‘n staatsbegrafnis in die Helde-akker aan die suidelike buitewyke van Windhoek begrawe. Na afloop van die roudiens gister in die Onafhanklikheid-stadion, het Geingob se liggaam oornag in staatsie gelê, waar duisende Namibiërs hul laaste […]

Read More

Oudste Geingob-seun bring hulde aan vader

Wyle president Hage Geingob se eersgebore seun, Mangaliso Toure Fernandez Geingob, het sy pa se nagedagtenis tydens die gedenkdiens by die Onafhanklikheid-stadion geëer. Mangaliso, wat in Amerika woon, het sy vader se onbaatsugtigheid geprys en optimisme uitgespreek oor Namibië se toekoms. Hy glo sy pa se gees sal onder Namibiërs voortleef. Geingob is op 4 […]

Read More

Bhengu-Motsiri oortuig ANC-ondersteuners sal party verdedig

Die woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu-Motsiri, het by die party se manifes-bekendstelling in Durban vertroue uitgespreek in ‘n oorwinning in die verkiesing. Bhengu-Motsiri sê ANC-lede staan bankvas agter die regerende party. Sy het die ANC se prestasies verdedig, met die instel van ‘n beleid oor die afgelope drie dekades wat tot voordeel van Suid-Afrikaners […]

Read More

Trump klop Haley gemaklik in Suid-Carolina

Donald Trump het sy naaste teenstander, Nikki Haley, maklik in Suid-Carolina se Republikeinse verkiesingstryd verslaan. Met sowat 83 persent van die stemme getel, het Trump gemaklik voorgeloop met 60 persent teenoor Haley se 39,4 persent. Dit het sy reeks oorwinnings verleng op sy weg na ‘n derde agtereenvolgende presidensiële benoeming en ‘n derde kragmeting met […]

Read More

Geingob was ‘n reus en ware leier: Penda Naanda

Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die internasionale betrekkinge-ministerie, is saam met duisende ander Namibiërs en buitelandse gaste by die Onafhanklikheid-stadion in die hoofstad. Die amptelike roudiens van wyle president Hage Geingob, wat deur 18 wêreldleiers bygewoon word, is geskeduleer vir 2nm vanmiddag. Naanda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bring hulde aan die […]

Read More

Bekendstelling van ANC-manifes ‘sal ‘n sukses wees’

Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, het die vertroue uitgespreek die ANC-manifesbekendstelling sal ‘n sukses wees. Partylede kom by die Moses Mabhida-stadion in Durban byeen terwyl president Cyril Ramaphosa voorberei om die party se manifes in die hoogs-betwisde provinsie uiteen te sit. Duma sê die party is oortuig hy sal die algemene […]

Read More

Duitse wet laat beperkte dagga-verbouing en besit toe

Duitsland se Bundestag het ‘n wet aangeneem wat individue en vrywillige verenigings toelaat om beperkte hoeveelhede dagga te kweek en te besit. Die wet, wat deur kanselier Olaf Scholz se regerende drieparty-koalisie goedgekeur is, wettig die verbouing van tot drie plante vir private verbruik en die besit van tot 25 gram dagga. Grootskaalse, maar steeds […]

Read More

Australië se NRL oorweeg aankoop van Engelse Superliga

Australië se ryk National Rugby League oorweeg na wat berig word die aankoop van Engeland se Super League, wat gevolge kan inhou vir die spanne en spelers in beide kompetisies. Die Sydney Daily Telegraph berig die NRL ondersoek die finansiële lewensvatbaarheid van die oorneem van die Engelse liga as deel van sy poging om die […]

Read More

Egipte se ambassadeur in SA vereer Geingob

Die Egiptiese ambassadeur in Suid-Afrika, Ahmed el Fadly, het tydens ‘n gedenkdiens by Unisa die ontslape president Hage Geingob se bydrae as ‘n Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-leier geloof. El Fadly het Geingob geprys vir sy streeksonderhandelings en sy nasiebou-werk in Namibië. Hy noem ook Geingob se voorspraak vir die stryd van die Palestyne teen Israel as ‘n […]

Read More