Minstens 15 dood in aanval op Katolieke kerk in Burkina Faso

Minstens 15 mense is dood en twee ander beseer in ʼn vermeende terroriste-aanval op ʼn Katolieke kerk in die noordooste van Burkina Faso. Volgens berigte het gewapende mans Sondag tydens die diens die kerk in die dorpie Essakane binnegegaan en lukraak op mense losgebrand. Die kerk sê die aanvallers was vermoedelik Islamitiese militante. Hierdie dodelike […]

Read More

Australië stel sanksies in teen Russe betrokke by Navalny se dood

Australië het finansiële sanksies en ʼn reisverbod ingestel teen sewe Russiese tronkbeamptes. Die land beskuldig die beamptes dat hulle die Kremlin-kritikus, Alexei Navalny, by die Arktiese tronkkolonie mishandel het waar hy vroeër die maand dood is. Die Russiese opposisieleier het 19-jaar-tronkstraf uitgedien vir aanklagte wat deur vele as polities gemotiveerd beskou is. Die adjunkpremier, Richard […]

Read More

Argentynse mans, Nieu-Seelandse vroue wen Kanada-sewes

Rugby: Argentinië is steeds die beste manspan in die wêreld nadat hulle die derde agtereenvolgende keer die kroon in die Kanada-sewes in Vancouver opgeraap het. Die Pumas het Nieu-Seeland in die eindstryd uiteindelik met 36-12 verslaan om hulle greep op die agt afdelings van die Wêreld-sewesreeks te versterk. In die vroue-eindstryd het Portia Woodman-Wickliffe se […]

Read More

Man gearresteer met N$745 260 se Mandrax-tablette

Die polisie het nog ‘n groot dwelm-vonds aangekondig. ‘n 51-jarige Namibiese man is by die Ariamsvlei grenspos in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette ter waarde van 745 260 Namibiese dollar in sy vragmotor gevind is. Volgens die polisie was 6 186 tablette en 49 halwe tablette in ses groot deurskynende plastieksakke in die vragmotor versteek. Die […]

Read More

ActionSA gaan Wes-Kaapse premierskandidaat aankondig

Die president van ActionSA Herman Mashaba kondig môre die party se premierskandidaat vir die Wes-Kaap in Manenberg aan. Die provinsiale woordvoerder, Matthew George, sê hulle wil verseker vergete gemeenskappe deel in die provinsie se vordering. Daar sal van die premier verwag om die stryd te lei teen bendegeweld; armoede, werkloosheid en onderontwikkeling te verlig; en […]

Read More

31 000 Oekraïnse soldate sterf in oorlog met Rusland: Zelensky

President Volodymyr Zelensky sê minstens 31 000 Oekraïnse soldate is dood sedert Rusland se volskaalse inval twee jaar gelede. Hy beweer ook 180 000 Russe is in die konflik dood. Dis die eerste keer sedert die einde van 2022 dat Oekraïne ʼn syfer aan sy militêre verliese koppel. Zelensky sê hulle het ʼn nuwe weerstandsplan […]

Read More

Kopskoot in ekstra tyd wen Carabao-beker vir Liverpool

Sokker: Liverpool het Chelsea met een-nul verslaan om hulle tiende Carabao-beker by Wembley te wen en daarmee hulle posisie as suksesvolste span in die geskiedenis van die kompetisie vergroot. Virgil van Dijk se kopskoot in die 118de minuut het die oorwinning vir Jurgen Klopp se span in sy laaste seisoen verseker. Maar Chelsea se bestuurder, […]

Read More

Jeug-aktivis verwag nie veel van komende begroting

Finansminister Iipumbu Shiimi is geskeduleer om op 28 Februarie die begroting vir 2024–2025 ter tafel te lê. Die regering het hier ‘n kans om ‘n bloudruk vir billikheid en bestendige groei uiteen te sit. Suid-Afrika het in sy begroting ‘n aansienlike bedrag aangekondig om jeugwerkloosheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die jeug-aktivis […]

Read More

Haatspraaksaak teen Malema begin in Gelykheidshof

Die Gelykheidshof in Kaapstad sal vandag die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se saak teen die EFF-leier Julius Malema aanhoor. Dit handel oor sy terugtrekking van ‘n verskoning vir haatspraakuitlatings. Die kommissie het bevind dele van Malema se toespraak in die Wes-Kaap in Oktober 2022 kom neer op haatspraak en aanhitsing tot geweld, nadat AfriForum ‘n klag ingedien […]

Read More

Brasilië se Bolsonaro ontken staatsgreep-bewerings

Die voormalige president van Brasilië, Jair Bolsonaro, ontken bewerings dat hy deel was van ʼn staatsgreep-komplot om aan bewind te bly. Die polisie stel ondersoek in of die 64-jarige Bolsonaro ʼn staatsgreep aangehits het nadat hy die 2022-verkiesing verloor het. Hy word ook beskuldig dat hy tydens sy presidentskap onwettig juwele van Saoedi-Arabië ontvang het. […]

Read More