Stukkende kragopwekker vertraag Gauteng dranklisensie-aansoeke

Die DA in Gauteng sê hy is bekommerd dat restaurant-, kroeg- en taverne-eienaars wat dranklisensies nodig het, sukkel om hulle aansoeke by die Gautengse Drankraad in te dien. Dit word toegeskryf aan beurtkrag en ʼn stukkende kragopwekker. Patrick Atkinson van die DA sê hulle het uit ʼn betroubare bron verneem daar is 600 agterstallige aansoeke […]

Read More

NSFAF-aansoeke sluit Donderdag

Die Namibiese studente hulpfonds se aansoek-tydperk vir voornemende studente wat finansiële hulp nodig het sluit op Donderdag, 29 Februarie. Die inligting oor hoe om aansoek te doen en al die nodige dokumente wat ingedien moet word, is op hulle webtuiste beskikbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hulpfonds se woordvoerder, Percy Tjahere, wat toekomstige […]

Read More

Outa sal Gautengers teen tolgeld-insameling beskerm

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy sal voortgaan met sy plan om motoriste te verdedig wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap gedagvaar word oor uitstaande e-tolskuld. Die volg na die Nasionale Tesourie se adjunk-direkteur-generaal van staatsfinansies, Mampho Modise, se opmerkings dat Gauteng ingestem het skuld moet en sal ingevorder word. Outa se uitvoerende hoof, Wayne […]

Read More

Palestynse premier bedank om ooreenkoms te vergemaklik

Die Palestynse eerste minister, Mohammad Shtayyeh, het sy bedanking ingedien om algemene konsensus te vergemaklik onder Palestyne oor die konflik tussen Israel en Hamas in Gaza. President Mahmoud Abbas het egter nog nie sy bedanking aanvaar nie. Abbas beywer hom vir ‘n bewind van die Palestynse Owerheid in Gaza, maar ondervind teenstand van Palestyne en […]

Read More

DStv sluit ooreenkoms met Paramount Plus

Die Amerikaanse vermaaklikheidsreus, Paramount, het ʼn ooreenkoms onderteken waarvolgens sy Paramount Plus-stromingsplatform deur MultiChoice in Afrika bekend gestel word. Afrika se grootste betaal-TV-operateur het die afgelope twee jaar talle ooreenkomste onderteken wat gestroomde inhoud na sy betalende gehoor bring. MultiChoice-ooreenkomste met Netflix, Amazon Prime Video, HBO, Disney, NBC Universal, Canal Plus, Sky en nou Paramount, […]

Read More

Menseregteraad is ook skuldig oor Gaza

Die buurland se minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, sê dis reg dat Hamas gewys word op sy misdade teen onskuldiges, maar die wêreld moet ook sy gebrek aan optrede tydens 70 jaar se besetting in ag neem. Sy het die 55ste sitting van die Verenigde Nasies se Menseregteraad in Genève toegespreek. Pandor sê huidige […]

Read More

Ouers vuur korrupsie in skole aan

Die jongste Afrobarometer opname toon dat ouers korrupsie in skole aanvuur. Die peiling toon dat 13 persent van ouers in Namibië omkoopgeld sal betaal om die nodige dienste by staatskole te bekom terwyl 16 persent sê dat onderwys ‘n prioriteitsprobleem in die land is. In die land het 46 persent van volwassenes sekondêre opleiding terwyl […]

Read More

Haatspraak-saak teen Malema vorder

ʼn Professor aan die Noordwes-Universiteit en linguistiek-kenner, Karien van den Berg, het in die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se haatspraaksaak teen die EFF-leier Julius Malema getuig. Die saak het in die Gelykheidshof in Kaapstad begin en hou verband met Malema se opmerkings by die party se nasionale vergadering in die Wes-Kaap in Oktober 2020. AfriForum se woordvoerder, […]

Read More

Gaza: Guterres bepleit respek vir menseregte

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het gewaarsku dat ‘n volskaalse Israeliese offensief op Rafah die einde kan beteken van VN-gedrewe humanitêre hulp aan die mense van Gaza. Humanitêre hulp aan Gaza is in Februarie met 50-persent verminder vergeleke met Januarie, as gevolg van struikelblokke soos die gereelde sluiting van deurgange en gevaarlike […]

Read More

Everton appelleer suksesvol

Everton se 10 punte wat afgetrek is omdat hy die Premierliga se winsgewendheid- en volhoubaarheidsreëls oortree het, is ná hulle appèl tot ses verminder. Die Engelse klub is in November verlede jaar gestraf nadat bevind is hulle het toegelate verliese oorskry met die assessering van die tydperk tot en met die 2021-2022-seisoen. Na die verlaging […]

Read More