Saak van moord op Duitse toeris uitgestel

Drie Zimbabwiërs wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Duitse toeris in Limpopo vermoor het, moet volgende Maandag na die Northam-landdroshof terugkeer. Jan Moshabi, Abstein Madzvimbo en Thomas Moyo staan tereg op aanklag van moord en oortreding van die Immigrasiewet nadat die 74-jarige Herman Westphal die afgelope naweek in die dorp aangerand en vermoor is. […]

Read More

Regering kan belasting-basis vergroot deur werkskepping

Namibië se algemene verkiesing vind in die laaste deel van die jaar plaas. Die Bruto Binnelandse Produk het in vorige verkiesingsjare toegeneem, maar die land het steeds ‘n groot skuldprobleem. Die plaaslike ekonoom Salomo Hei, van High Economic Intelligence, sê meer Namibiërs moet werk sodat die belasting-basis vergroot kan word. Dit sal help om die […]

Read More

UP soek hoefbevel teen stakers

Die Universiteit van Pretoria sê hy is daartoe verbind om die werkerstaking deur konstruktiewe dialoog en binne die grense van die wet op te los. Die staking maak deel uit van ‘n loongeskil tussen die National Education, Health and Allied Workers’ Union, Nehawu, en die universiteit. Die universiteit se woordvoerder, Rikus Delport sê die universiteit […]

Read More

Tshwane verskerp veiligheid by sy fasiliteite

Die Stad Tshwane sê hy gaan metro-polisiebeamptes by sy fasiliteite soos parke en swembaddens ontplooi om dit teen diefstal en vandalisme te beskerm. Dit volg ná klagtes dat mense onwettig in die Pretoria-Noord swembad op die hoek van Emily Hobhouse-straat en Brits-weg se kleedkamers slaap. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê metro-polisiebeamptes sal binne […]

Read More

Man City stop in Kaapstad op trofeetoer

Sokker: Manchester City se trofeetoer stop op die 17de Maart by Croquet Lawn in die V-en-A Waterkant in Kaapstad. Eksklusiewe toegang sal verleen word aan lede van Manchester City se amptelike ondersteunersklub in Suid-Afrika. Die klubveteraan, Shaun Wright-Phillips, en afrigters sal ook afrigtingsessies vir jong ondersteuners lewer. Aanwesiges kan foto’s neem met die trofeë wat […]

Read More

Ally kry twee nuwe bondgenote

Ally Angula, voormalige adjunk-uitvoerende direkteur van die ministerie van finansies, en onafhanklike presidensiële kandidaat het haar nuwe bondgenote vanoggend aangekondig. Die United People’s Movement onder parlementslid, Jan van Wyk, het saam met die Kingdom of God-party, wat nog nie in Namibië as ’n politieke party geregistreer is nie, sal Angula as kandidaat ondersteun. Angula sê […]

Read More

Geen hulp deurgelaat vir Darfur nie

Owerhede wat lojaal is aan die weermag in die oorloggeteisterde Sudan het oorgrenshulp aan die westelike Darfur-streek geblokkeer. Die uitgestrekte streek is een van die dele van Sudan wat die ergste getref is sedert die oorlog tien maande gelede tussen die Sudanese weermag en Rapid Support Forces begin het. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie […]

Read More

Macron maak die deur oop vir Europese troepe in Oekraïne

Die Franse president Emmanuel Macron het die deur oopgemaak vir Europese nasies wat dalk troepe na die Oekraïne sal stuur, alhoewel hy gewaarsku het dat daar geen konsensus op hierdie stadium is nie. Sowat 20 Europese leiers het in Parys bymekaargekom met die oorlog wat sy derde jaar betree het. Macron sê alles sal in […]

Read More

Die Bulle wil Saterdag die bordjies verhang

Die twee voorste Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap pak mekaar Saterdag op Loftus Versfeld. Die Bulle, tans derde, wil graag die bordjies verhang nadat die Stormers, wat sesde is en hulle vorige vyf kragmetings teen die Pretorianers gewen het. Die Bulle se hulpafrigter, Andries Bekker, sê hulle hoop op meer deurlopendheid:

Read More

Raak so melktert se baas, op Nasionale Melktertdag!

Dis Nasionale Melktertdag! Wie is nie stout oor ‘n melktertjie nie … dis mos so eg ons soos kamp, visvang en braai. En as jy een van die is wat steeds nie die tert se baas is nie, help Sanet Prinsloo met ‘n vinnige reseppie…

Read More