Richelieu Eagles se Loftie-Eaton breek T20-wêreldrekord

Die Richelieu Eagles het Nepal verslaan in hulle eerste T20-wedstryd van die driehoekige reeks wat ook Nederland insluit. Nicol Loftie-Eaton het ‘n wêreldrekord gebreek met die vinnigste honderdtal ooit in ‘n T20 internasionale wedstryd. Hy het 101 lopies in 36 balle gemoker. Ruben Trumpelmann het vier paaltjies laat kantel. Kosmos 94.1 Nuus het met Loftie-Eaton […]

Read More

Goedgekeurde bouplanne in Windhoek daal skerp

Die Stad Windhoek het in Januarie 76 bouplanne ter waarde van 53,8 miljoen Namibiese dollar goedgekeur uit die 122 wat ontvang is, vergeleke met 105 planne wat in Desember verlede jaar goedgekeur is. Dit is ‘n afname van 11.6 persent op ‘n jaargrondslag en ‘n maand-tot-maand afname van 27,6 persent. Die hoogste waarde van goedgekeurde […]

Read More

Duitse president ‘respekteer nie Namibiërs’

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die president van Duitsland, Frank-Walter Steinmeier, wat by die roudiens vir wyle president Hage Geingob gesê het dis tyd dat sy land Namibië om verskoning vra vir die volksmoord op die Nama’s en Ovaherero’s tussen 1904 en 1908. Steinmeier sê hy het laat verlede jaar met Geingob gepraat, wat […]

Read More

Brandstofpryse dalk Vrydag bekend

Die energie-ministerie sê die komitee wat brandstofpryse bepaal sal Donderdag vergader, terwyl die nuwe brandstofpryse volgende week Woensdag in werking tree. Hierdie maand het die ministerie die prys van brandstof verlaag na ‘n hersiening van vervoertariewe. Die ministerie het ‘n onderverhaling van 44 sent per liter op petrol aangeteken en onderverhalings van 33 sent op […]

Read More

Namibië het eie hondsdolheid- entstof ontwikkel

Namibië het sy eie entstof teen hondsdolheid ontwikkel en is gereed om vanjaar koedoes te begin in-ent. ‘n Navorsingspan het beslis dat die resultate wat tot dusver in die Hondsdolheid in Koedoes-projek behaal is, die implementering van ‘n entstofprogram ten volle regverdig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rainer Hussel oor ‘n opdatering van […]

Read More

Nie-regeringsorganisasies ‘nie doeltreffend’

Vandag is Wêrelddag vir nie-regeringsorganisasies en die buurland se maatskaplike ontwikkeling-minister, Lindiwe Zulu, sê ‘n gebrek aan vaardighede, infrastruktuur en institusionele ondersteuning belemmer nie-winsgewende organisasies se doeltreffendheid. Dit is dus noodsaaklik om die vermoë van NRO’s en organisasies sonder winsbejag op te bou om volhoubare en betekenisvolle projekte te verseker. Die aantal geregistreerde organisasies sonder […]

Read More

Stigting gereed om honderde gestrande waterskilpaaie te red

Die Twee Oseane Akwarium-stigting in Kaapstad het ‘n oproep gedoen dat strandgangers waaksaam moet wees vir gestrande waterskilpaaie wat tydens die strandingseisoen aan die kus uitspoel. Dit volg op die onlangse redding van ‘n gestrande waterskilpad wat deur eendmossels gekamoefleer is. Volgens die stigting strek die strandingseisoen aan die Wes-Kaapse kuslyn gewoonlik van Maart tot […]

Read More

Gesteelde motors dikwels in Suider-Afrikaanse lande gevind

Motordiefstal bly algemeen, met 25 voertuie wat sedert begin Januarie tot op hede as gesteel aangemeld is. Dit is volgens die Namibiese polisie se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwaambi. Voertuie wat algemeen gesteel word, sluit in Toyota Fortuner-sportnutsvoertuie, Toyota GD6-dubbelkajuite, Mazda Demio’s en Polo Vivo-sedans. Shikwaambi sê motors wat plaaslik gesteel word, word dikwels in lande […]

Read More

Renosterstropery neem toe in SA

Die buurland se omgewing-minister, Barbara Creecy, spreek diepe kommer uit oor die oplewing in renosterstropery. Net minder as 500 van hierdie bedreigde diere is verlede jaar gestroop, wat ‘n toename van 11-persent teenoor 2022 is. Creecy sê die stropery word aangedryf deur aanvraag uit Asië, waar horings in tradisionele medisyne gebruik word vir hul veronderstelde […]

Read More

Namibiërs takel P750 Opblaas-kragboot Wêreldkampioenskappe

Die P750 Opblaas-kragboot Wêreldkampioenskappe vind tans plaas in Gqeberha, of Port Elizabeth. ‘n Span Namibiërs van Windhoek en Swakopmund neem op eie stoom deel, aangesien die land nie tans ‘n beheerliggaam of wedren-raamwerk het nie. Die span, die Lighthouse Group, bestaan uit vier lede, onder aanvoering van die bestuurder, Leon Smith. Die bemanning is die […]

Read More