Jongste Namibiese parlementslid praat môre op Vrouedag by Dubai Ekspo
Internasionale Vrouedag word môre gevier en Namibië se jongste parlementslid, Patience Masua, gaan by die Dubai Ekspo by die Namibiese pawiljoen saam met jong vroulike leiers van Amerika, Nieu-Seeland, Verenigde Arabiese Emirate en Indonesië op die besprekingspaneel van ChangemakeHER wees. Masua gaan haar storie vertel as regsverteenwoordiger en parlementslid in haar stryd vir gelykheid en geregtigheid in Namibië.