Jongste bewys SA gyselaar in Mali leef nog

Die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, het volgens hom die jongste bewys vrygestel dat die Suid-Afrikaanse paramedikus, Gerco van Deventer wat in Mali gevange gehou word, nog lewe. Van Deventer wat van Swellendam in die Wes-Kaap kom, was ‘n paramedikus in Libië toe hy in 2017 ontvoer en later aan Al-Kaïda in Mali verkoop is. In ‘n kort video wat verlede Vrydag opgeneem is, versoek hy dringend hulp om sy vrylating te bewerkstellig.