Jonges in Kavango Oos opgelei

Meer as 60 jongmense het is sedert 2020 in die Kavango Oos-streek in rekenaarvaardighede opgelei. Die Namibiese inligtingsministerie sê die program teiken jongmense tussen die ouderdomme van 18 en 35 en tot op hede het 68 die kursus suksesvol voltooi. Rekenaarvaardigheid word as baie belangrik ge-ag omdat inligting en kommunikasie tegnologie deel vorm van enige werksplek. Die ministerie het die kursus geskep om te voldoen aan sy strategiese vyf-jaar plan se doelwitte vir kommunikasie en tegnologie.