Jong SA rugbysterre wil uitblink by tweede VRK

Rugby: Nog ‘n vloedgolf van jong Suid-Afrikaanse sterre sal na verwagting die middelpunt van belangstelling wees in hierdie seisoen se Verenigde Rugbykampioenskap. Die toernooi begin hierdie naweek. Canan Moodie se sprokiesverhaal, van die Bulle na die Springbokke, is die inspirasie vir ’n magdom jong spelers om in sy voetspore te volg. Sacha Mngomezulu het in Julie die Junior Springbokke om die titel in die Onder 20-Somerreeks in Italië aangevoer en het verlede seisoen ‘n kort voorsmakie van die Verenigde Rugbykampioenskap gehad met die seëvierende Stormers.