Jones sien uit na die Barbarians

Engeland ontvang die Barbarians op 19 Junie op Twickenham ter voorbereiding van hulle toer na Australië in Julie. Die wedstryd sal die twee spanne se eerste ontmoeting in drie jaar wees. Engeland se afrigter, Eddie Jones, sê die wedstryd teen die Barbarians is ‘n spesiale een in rugby. Dis altyd ‘n goeie uitdaging vir die spelers, vermaaklik vir ondersteuners en dit wys die gees van die spel. Hy sê die wedstryd is goeie voorbereiding voordat hulle na Australië vertrek.