Truss sê Rusland moet sy vyandelikheid afskaal

Die Britse minister van Buitelandse Sake, Liz Truss, sê sy het ‘n duidelike boodskap oorgedra aan haar Russiese eweknie, Sergei Lavrov, dat dié land sy vyandelikhede moet afskaal, die Oekraïne se soewereiniteit moet respekteer en by sinvolle gesprekke betrokke raak. Rusland is reeds maande lank besig om soldate op die grens met die Oekraïne en Belarus te ontplooi. Truss sê as Rusland ernstig is dat hy geen inval beplan nie, moet die soldate onttrek word. Sy sê die militêre teenwoordigheid is beslis ‘n bedreiging vir die Oekraïne: