Jolidee Matongo is Stad Johannesburg se nuwe burgemeester

Stad Johannesburg se burgemeesters-komiteelid vir finansies, Jolidee Matongo, is verkies tot nuwe burgemeester van die Goudstad. Hy sal Geoff Makhubo opvolg, wat onlangs aan Covid-19 dood is. Matongo is onbestrede verkies. Hy het die stadsraad gevra om politieke geskille opsy te skuif en die behoeftes en daaglikse ervarings van die stad se inwoners voorop te stel.