John Kani vereer

Die veelbekroonde legendariese Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en dramaturg, John Kani, is met die Pragnell Shakespeare-toekenning vereer. Dit is ‘n internasionale toekenning wat elke jaar deur die Shakespeare-instituut aangebied word ter geleentheid van die Shakespeare Verjaarsdagviering-middagete by Stratford-upon-Avon. Dit word vanjaar aanlyn gehou. Kunene and the King deur die 77-jarige Kani is ook onlangs deur die Royal Shakespeare Company gekies as een van die top tien beste toneelstukke wat in 60 jaar vervaardig is. Kani was in 1987 die eerste swart Suid-Afrikaner in die land wat Othello gespeel het.