John John klop Jarman vir die WBO Afrika supermiddelgewig-titel

Paulinus “John John” Ndjolonimus spog met sy WBO Afrika supermiddelgewig-titel. Hy het vroeg in die tiende en laaste ronde van sy geveg teen die gesoute Anthony Jarman met ‘n uitklophou die titel gewen. Die geveg is by die Windhoek Buiteklub gehou. Dit was egter nie ‘n maklike geveg vir John John nie want hy het verskeie rondtes teen Jarman verloor en is in die tweede ronde vir die eerste keer in sy beroepsloopbaan platgeslaan.