Johannesburg Water se uitdagings duur voort

Johannesburg Water sê sy Crown Gardens-stelsel wat verlede week erg geraak is, verbeter voortdurend. Inwoners sit al dae lank sonder lopende water weens ’n stukkende pomp by Rand Water se Eikenhof-stasie. Johannesburg Water se woordvoerder, Puleng Mopeli, sê hoewel die stelsel nog nie op optimale vlakke funksioneer nie, is hulle nou in staat om deur die dag konstante watervloei te voorsien, aangesien die invloei vanaf Rand Water aktief is: