Jode soek beheer oor Al-Aqsa-moskee

Die Suid-Afrikaanse regering sê hy het met kommer kennis geneem van die Israeliese polisie se besluit om dié week se beplande opmars van ultra-nasionalistiese organisasies en ander groepe in die Jerusalem se Ou Stad en die Islamitiese gebied goed te keur. Die betogers beplan om te eis vir die herinstelling van Joodse beheer oor die Al-Aqsa-moskee. Die ANC-regering sê in ‘n verklaring die eis van die betogers druis in teen die geskiedkundige en wettige status quo van die besette Jerusalem en sy heilige plekke. Hy voeg by die protesoptrede kan die reeds ontstellende oorlog in die Gaza-strook vererger en die situasie in die hele streek laat versleg.