Joburg Super Kings wil SA20 wen

Krieket: Die Joburg Super Kings en die Paarl Royals kom vandag teen mekaar te staan in die SA20 se elimineerder. Die twee spanne het uiteenlopende roetes gevolg tot by die uitspeelrondes. Die Royals het reeds in die derde plek gekwalifiseer met nog twee wedstryde oor, terwyl die Super Kings hulle laaste rondomtalie-wedstryd gewen het om die laaste kwalifiseringsplek in te palm. Die kaptein van die Super Kings, Faf du Plessis, sê enigiets kan gebeur in die uitkloprondes en hulle is gereed daarvoor.