Paratus kry groot lening om uit te brei

Emerging Africa Infrastructure Fund, ‘n Private Infrastructure Development Group-maatskappy, en sy fondsbestuurder, Ninety-One, het ‘n 31 miljoen Amerikaanse dollar-skuldfasiliteit aan die Paratus Groep beskikbaar gestel om die uitbreiding van sy vesel- en datasentrumbesigheid oor die volgende drie jaar te finansier. Kosmos 91.4 Nuus het ‘n eksklusiewe onderhoud gevoer met Barney Harmse, die uitvoerende voorsitter van die Paratus Groep. Harmse sê dat die maatskappy ‘n stewige 20-jaar grondslag het asook betroubare vooruitskouings en planne, wat die lening verseker het.