Job Amupanda se jaar as Windhoek-burgemeester word evalueer

Die politieke winde van veranderinge het vandeesweek in Stad Windhoek gewaai. Die hoofstad is die afgelope jaar deur dr. Job Amupanda van die Affirmative Repositioning-beweging, as burgemeester gelei, en nie sonder drama nie. Daar was probleme met koalisies en tydens die verkiesingsproses van ‘n nuwe burgemeester, het die AR en PDM buite stemming gebly. Hoe het Amupanda as burgemeester gevaar? Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n politieke analis, sê Amupanda het daarop gefokus om infrastruktuur, beleide en prosesse te implementeer.