Japan oorhandig mediese toerusting van N$50 m aan Namibiese gesondheidsministerie

Japan het mediese toerusting ter waarde van sowat 50 miljoen Namibiese dollar aan Namibië geskenk. Die toerusting sal na verskeie hospitale in Namibië versprei word en help in die stryd teen die Covid-pandemie. Die adjunkminister van internasionale betrekkinge, Jenelly Matundu, en die Japannese ambassadeur in Namibië, Hideaki Harada, het vandag die skenking amptelik aan die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, oorhandig.