J&J se talkumpoeier staak volgende jaar

Johnson & Johnson sal produksie van sy talkum-babapoeier wêreldwyd in 2023 staak. Die aankondiging kom twee jaar nadat verkope in die VSA gestaak is na duisende regsgedinge oor verbruikersveiligheid. Die maatskappy sê sy poeier sal voortaan net met mieliestysel vervaardig word. Die maatskappy staar sowat 38 000 regsgedinge van verbruikers en hul oorlewendes in die gesig wat beweer dat sy talkum produkte kanker veroorsaak het weens besmetting met asbes. Johnson en Johnson ontken die bewerings en sê dekades se wetenskaplike toetsing en regulatoriese goedkeurings toon dat talkum veilig en asbesvry is.