J&J kom vandag plaaslik aan

Die Namibiese gesondheidsministerie sal vanoggend om tien-uur ontvangs neem van 100 000 dosisse Johnson en Johnson-entstof. Die dosisse is bekom deur die African Vaccine Acquisition Trust, bekend as Avat. Die trust is in November verlede jaar gestig om entstof vir die vasteland te bekom en is onder die vaandel van die Afrika-unie. Afreximbank het ‘n 2 miljard Amerikaanse dollar fasiliteit beskikbaar gestel en ‘n ooreenkoms is met Johnson en Johnson bereik. Ongeveer 400 miljoen dosisse is deur Avat bestel en tot dusver is 220 miljoen dosisse afgelewer. Die besending wat vandag aankom is deel hiervan. Johnson en Johnson is ‘n enkel-dosis Covid-entstof.