Jhb – New York vlugte terug

‘n Direkte diens tussen New York en Johannesburg is weer vir reisigers en sakelui beskikbaar. ‘n Vliegtuig van United Airlines het op die OR Tambo Internasionale Lughawe geland, na die lugdiens se onlangse besluit om vlugte na Suid-Afrika te hervat. Die eerste vlug het uit Newark vertrek en was volgens berigte 90 persent vol. Die buurland se minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die minister van vervoer, Fikile Mbalula en senior bestuurders van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het die vliegtuig op die lughawe verwelkom. Die vlug word allerweë as ‘n mylpaal beskryf.