Jhb-kragtoevoer gesaboteur – burgemeester

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, is bekommerd oor wat sy beskryf as gekoördineerde sabotasie van die kraginfrastruktuur oor die stad heen. Dit volg op gister se brand by die Eldoradopark-substasie. Phalatse sê sy het die stad se forensiese ondersoekdiens opdrag gegee om die brand te ondersoek: