Jeugwerkloosheid en volgende jaar se verkiesing

Namibië se jeug-werkloosheidskoers word op 46,1 persent beraam, waarvan mans 43,7 persent en vroue ‘n verbysterende 48,5 persent uitmaak. Dit hou ‘n potensiële uitdaging vir die regerende party se herverkiesings-hoop vir volgende jaar in, selfs as inflasie gaan daal. Binnekort gaan politieke partye beloftes maak van werkskepping vir die jeug oor die volgende vyf jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Duminga Ndala van die Landless People’s Movement se jeug-afdeling gesels oor wat die party se plan is om jeugwerkloosheid in die land te help bekamp.